
Sluit aan by Katinka Oosthuizen in Platsak tot stinkryk op ’n opwindende reis deur Suid-Afrika! Sy ontdek die land se buitengewone toeriste-ervarings, van die goedkoopste na die mees luukse. Ervaar alles, van bekostigbare treinritte en unieke klein verblyfplekke, tot die luukse Rovos Rail en die weelderige verblyf by Sun City. Kom saam op hierdie onvergeetlike avontuur en ontdek Suid-Afrika op sy beste – van platsak tot stinkryk! Dié reeks kan vanaf 17 Oktober op AfriForumTV gekyk word.