
Wanneer mag ’n wettige vuurwapeneienaar sy of haarvuurwapen in selfverdediging gebruik? Mag ek skiet wanneer ek in my huis oorval word? Het ek die reg om te skiet wanneer ek gekaap word? Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, beantwoord dié en verskeie ander brandende vrae oor vuurwapengebruik in hierdie en die volgende episode van AfriPod.