
Watter gedagtes kom by jou op as jy die woord HEILIGMAKING hoor?
Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak. (Heb 10:14)
As ons vir ewig volmaak gemaak is, waarom voel ons dan nie altyd volmaak nie? Wees eerlik: Voel jy altyd volmaak? Voel jy altyd heilig? Die Bybel sê jy is volmaak gemaak en jy is heilig. Maar jy voel nie altyd so nie, of hoe? Ons worstel nogsteeds met slegte gewoontes, swakhede en sonde.
Kom ontdek Sondag saam met ons hoe dit lyk wanneer ek my ou self af lê en my ware (nuwe) self op neem sodat ek al meer in lyn kom met my ware identiteit (integriteit) in Christus.