
In hierdie week se episode delf Ricia en Mia diep in die wêreld van werkskulture – daardie onsigbare, maar kragtige faktor wat jou daaglikse werkervaring maak… of breek.
Hulle deel hul persoonlike ervarings in vorige werksomgewings: die goed, die sleg, en alles tussenin. Saam ondersoek hulle vrae soos:
Hoe verander ’n mens ’n bestaande organisasie se kultuur?
Wat maak ’n werksplek vir hulle werklik lekker en volhoubaar?
Mia vertel ook hoe sy ’n aktiewe rol speel in haar huidige werksplek se kultuuropbou – van klein, alledaagse gewoontes tot doelgerigte inisiatiewe wat saam ’n positiewe, ondersteunende ruimte vorm.
Follow ons op Instagram:
Ewe Anders podcast:
https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==
Ricia Bester:
https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr
Mia Knoesen:
https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==
Jou Afrikaans Podcast :)