Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
TV & Film
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/d5/7c/e9/d57ce944-94e1-432c-0146-969ab05bf74a/mza_17673424199109564738.jpeg/600x600bb.jpg
Kerkbode Kollig
Klank Kompas
51 episodes
1 week ago
Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Show more...
Religion & Spirituality
RSS
All content for Kerkbode Kollig is the property of Klank Kompas and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Show more...
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p3546/logo_1615635_20251106_191555_1400.jpeg
Episode 50 | Yolanda Dreyer oor hoe ’n mens met jou eie stukkendheid kan werk en die krag van pastorale sorg
Kerkbode Kollig
23 minutes 40 seconds
2 weeks ago
Episode 50 | Yolanda Dreyer oor hoe ’n mens met jou eie stukkendheid kan werk en die krag van pastorale sorg
Niemand van ons is heel nie, maar hoe werk jy met jou eie stukkendheid? Dit is die vraag wat aan die hart lê van ’n reeks gesprekke wat prof Yolanda Dreyer by die onlangse vergadering van die sinode NG Kerk in Oos-Kaapland gelei het. Skep ons deur heethoofdigheid, vervreemding van ons eie emosies en gekose onkunde oor die voortdurende invloed van ons kinderjare, nadelige uitkomste in ons lewens? En hoe breek ’n mens so patroon? Dreyer betrek die insig van Carl Jung met die aanhaling: “Until you make the unconscious conscious, it will direct your life and you will call it fate.” Hieroor kon sinodegangers nadink en gesels want vir drie aande in ’n ry was Dreyer die gasspreker by die sinodesitting in Gqeberha. Kerkbode het tussendeur die dagsessies wat sinodegangers met ander gesprekke en onderwerpe besig gehou het, eenkant gaan sit met dié praktiese teoloog en haar gevra om die verskil tussen berading en psigologie te verduidelik. Sy het oor die rol van geloof in haar eie lewe gepraat en verduidelik hoe sy dink oor die etiket van “baanbreker” wat dikwels op haar geplak word. (Dreyer was die eerste vrou wat toegelaat is tot die bediening in enige van die Afrikaanse susterkerke en die eerste vroue-professor aan UP se fakulteit teologie). “Self-insig en bly groei, is maar die belangrikste ding, dink ek, as ’n mens nie skade aan ander wil doen, vanuit jou eie stukkendheid nie. Want niemand van ons is heel nie. So êrens moet ons met ons eie stukkendheid te rade gaan, sodat my stukkendheid nie vir jou seermaak nie,” verduidelik Dreyer deur die loop van hierdie aflewering van Kollig, wat sowat 23 minute duur. - Le Roux Schoeman
Kerkbode Kollig
Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.