Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
All content for Kerkbode Kollig is the property of Klank Kompas and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Kollig Episode 51 | ‘Ons as kerke kan mekaar nie los nie’ – Jan Lubbe en Nioma Venter
Kerkbode Kollig
30 minutes
1 week ago
Kollig Episode 51 | ‘Ons as kerke kan mekaar nie los nie’ – Jan Lubbe en Nioma Venter
Om saam met gelowiges uit kerke in ander lande te bid, sing (ook in isiXhosa!) en gesels oor brandpunte soos ekonomiese geregtigheid, kommer oor militarisering en meer was vir hom verrykend. “Ons is ’n geskenk vir mekaar.” Dit is vir hom die waarde van deel wees van ’n ekumeniese netwerk, vertel ds Jan Lubbe in hierdie aanlyn gesprek vir Heléne Meissenheimer.
Hy en dr Nioma Venter was deel van ’n afgevaardigde groep vanuit die NG Kerk wat in Oktober in Thailand was. Hulle het saam met ander uit Suid-Afrika die 27ste samekoms van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke bygewoon, ’n netwerk van meer as 100 lidkerke wat vanjaar 150 jaar oud is.
Die tema van hierdie samekoms was ‘Volhard in jou getuienis’.
Die moderator van die NG Kerk (soms ‘tjip sy worshond in’) en algemene sekretaris vertel meer oor die konferensie wat ’n besoek aan ’n kamp vir oorlogsvlugtelinge ingesluit het. Dit het ’n diep indruk gelaat. Hulle praat ook oor wie hulle daarna in Japan ontmoet het en wat hulle daar ontdek het oor volhard in jou getuienis in ’n land waar Christene minder as 1% van die bevolking uitmaak.
Kerkbode Kollig
Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.