Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
TV & Film
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/54/ec/88/54ec88d4-9cdd-c9f5-b3f1-8b97f7b2bded/mza_865162279252985309.jpeg/600x600bb.jpg
KLETS
Afrikaans.Radio
150 episodes
1 week ago
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Show more...
Society & Culture
News,
News Commentary
RSS
All content for KLETS is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Show more...
Society & Culture
News,
News Commentary
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_7924_20250909_205559_1400.jpeg
Hoe stel jy ’n geldige testament op? Petra Labuschagne van PGL Trustees verduidelik
KLETS
54 minutes 40 seconds
1 month ago
Hoe stel jy ’n geldige testament op? Petra Labuschagne van PGL Trustees verduidelik
In hierdie week se KLETS raak ons bietjie meer ernstig, maar moenie worry nie, dis steeds met n bietjie lag, lewenslesse en ’n paar nuwe woorde wat selfs Matthys en Colene moes Google. Ons KLETS met Petra Labuschagne van PGL Trustees oor iets wat almal weet hulle móét doen, maar aanhou uitstel - jou testament. Petra bring haar regskennis én empatie na die tafel en verduidelik hoekom jou testament nie net vir rykes of oumense is nie, dis vir almal wat iets of iemand liefhet. Sy vat ons deur die regte en verpligtinge wat saam met testamentêre dokumente kom, hoe jy jou wense duidelik neerskryf, en hoekom ’n testamentêre trust so belangrik is – veral as jy minderjarige kinders het of digitale bates besit wat nie sommer net “verdwyn” as jy nie meer daar is nie. Petra verduidelik die invloed van huwelike en regimes, die waarde van 'n lewende testament, en selfs hoekom dit slim is om jou begrafniswense neer te pen - want dis die een geleentheid waar jy beslis nie self gaan opdaag nie. Petra deel ook haar ervaring met internasionale boedels en die realiteite van moderne lewe, waar e-posse, kripto en wolkrekeninge nou deel van jou nalatenskap is. Van die wetlike fynskrif tot die lewensgroot vrae, hierdie episode help jou om oor moeilike dinge te praat sonder om moedeloos te raak met die nodige deernis, insig en ’n tikkie humor. Want as jy nie jou storie self neerskryf nie, gaan iemand anders dit vir jou doen en hulle spel dalk jou naam verkeerd. Kontak Petra Labuschagne by: - https://pgltrustees.co.za/ - petra@pgltrustees.co.za - 012 342 1240