Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #27
Nagsê Here
2 minutes 47 seconds
2 years ago
Nagsê Here #27
Goeie Naand, Het jy al aande net rondgerol, slaap het jou vergeet. Daar is al baie studies gedoen, sielkundige oorsake geformuleer, mediese oorsake gevind en dan natuurlik ook jou eie lewensstyl waaroor jy beskik wat slaaploosheid veroorsaak. Vanaand moet jy fokus op die rus wat jy nodig het.Jou geloof bied jou die rus, wat verby is, is verby, dit hoort in die gister lêer. Job het gesê in hoofstuk 7 vers 4 “As ek gaan slaap, dink ek: wanneer kan ek opstaan? Maar die nag sleep stadig verby en ek rol rusteloos rond tot dagbreek toe.” Jy kan Job se omstandigheid verstaan, hy het alles verloor, sy kinders, eiendom, geld en gesondheid. Dit was nie depressie nie, sy slaaploosheid was uit pyn, hartseer en verlange, die onbeantwoorde vrae van ‘Hoekom’. Dan lees ons ook Dawid se verhaal toe hy van sy eie seun Absalom gevlug het Ps 3 “Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.” Dawid sê dat hy goed slaap, wetend in ‘n onbewaakte oomblik van nagrus kan hy oorrompel word. Hy vra nie ‘Hoekom’ nie. Wanneer hy wakker word voel hy goed want hy glo Die Here sorg vir hom omdat hy Die Here gevra het om hom te beskerm, sy eer en aansien te herstel. Jy kan ook met jou geloof en eie geestelike vermoë jou dag met ‘n lied in jou hart begin, Die Here verskaf positiewe krag in jou. Mag jy vanaand weet dat Die Here jou verlede skoon gevee het, dit wat jou pla wegneem en dat Hy jou in jou nagrus versterk om met ‘n opgewondenheid more in te wag om in Sy diens te staan. Mag jy goed slaap want Die Here sorg ook vir jou in Sy liefde en mag Hy al jou gebedes, saans en soggens beantwoord. AMEN Nagsê Here.
Nagsê Here
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.