Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag.
Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag.
Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Goeie Naand,
Ons bede is almal min of meer dieselfde want ons bid vir mekaar, vir kinders, vir ouers, vir werkgewers, werknemers en onsself. Vanaand se gebed is vir hulle wat smagtend rondsoek na liefde in die lewe. Ons dink aan kinders wat blootgestel word aan mishandeling, verkragtings, onvoerings en vernederings.
Miskien het jy ook in jou lewe ‘n soortgelyke ervaring en dink nou anders oor die lewe van liefde wat Die Here bied. Jy het ouer geword met al die letsels wat jy saamdra.
Jy soek ook dalk vanaand na ware liefde, in jou huwelik, in jou verhoudings met jou ouers, jou kinders en vriende. Jy wil dit meet aan die Liefde van Die Here.
Wanneer jy kyk is dit asof jy iets kan raaksien maar dit is soos om deur brille te kyk wat se lense gekrap en gekraak is. Die opregtheid, die skoonheid die mooi bly vertroebel. Paulus gee hierdie ervaring so raakvat in Romeine 8:36-39
“Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.”
Mag jy vanaand wanneer jou ooglede mekaar vind en strelend aanraak sodat jou oë kan rus, weet dat daar geen groter Liefde is as wat God bewys het deur Christus Jesus nie.
Die maatstaf van liefde is in ons Here, nie in mense nie, met Sy Liefde oorwin jy die lewensletsels en jy antwoord met liefde.
Lekker slaap
AMEN
Nagsê Here.
Nagsê Here