Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #30
Nagsê Here
2 minutes 20 seconds
2 years ago
Nagsê Here #30
Goeie Naand, Vanaand in jou gedagte terwyl jy luister moet jy ‘n prentjie van jouself vorm. Geen lelike pentjie nie, groot seblief. Jou prentjie is waar jy sit by ‘n restaurant tafel en ‘n liedjie waarvan jy hou, speel. Voor jy jouself kan keer begin jou voete die ritme volg. Partykeer bring jy jou hande na mekaar en jou skouers beweeg met die ritme saam. Jy voel jy wil opstaan en heupe wikkel maar die mense sal jou snaaks aankyk, dis sosiaal onaanvaarbaar. Maak nou nie saak nie maar daardie oomblik geniet jy die tydjie jou gegun. Jy reageer soos Baloo, die beer in die animasie fliek, Jungle Book van Walt Disney toe king Louis die orangoetang en sy groep Mowgli gevang het en op die tromme gespeel het. Die liedjie se naam was “I wanna be like you”. As musiek en ‘n vrolike prentjie jou oomblik opkikker en sommer net jou gedagtes weglei na mooi dinge, soveel meer kan mooi gedagtes oor jou Skepper en Here vir jou beteken. Wanneer troebeltye jou oorval, wanneer jou gedagtes jou anker in smart, wanneer jou verlede jou vasgeketting laat voel en wanneer onsekerheid jou laat twyfel, dink aan die mooi dinge wat Die Here jou beloof. Die profeet Nahum het saam met die volk in moeilike, haglike tye geleef, onder oorheersing en hy sê in 1:7, “Die Here is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.” Mag jy vanaand die ritmiese uitnodiging hoor wat Die Here bied na Sy veilige toevlug vir jou, Hy ken jou, Hy weet wat laat jou dans van vreugde, daarom word jy uitgenooi. Die Here bied vir jou skuiling in jou gemoed en vir jou toekoms, sou jy sê “I wanna be like You” sal Hy sê “Wees heilig want Ek is Heilig” en jy voel sommer net tuis. AMEN Nagsê Here.
Nagsê Here
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.