Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #31
Nagsê Here
2 minutes 32 seconds
2 years ago
Nagsê Here #31
Goeie Naand, Tyd gaan vining verby, soms te stadig en parykeer is dit asof tyd net gaan stilstaan het. Elke dag skep sy eie geskiedenis en saans wanneer jy in die bed klim het jy reeds die geskiedenis van die onlangse ure deurleef en ervaar. Jy was of deel van ‘n ‘memory’ of jy het een gemaak in iemand anders se lewe. Kan jy onthou hoe jy opgetree het en wat jy alles gesê het, wie geluister het en wie iets kon raaksien? As jy nie iets doen nie is dit so maklik om jouself te vervreem van die mense om jou, verveeldheid begin die oorhand kry en jy vereensaam jouself net met gedagtes van wat was. Gestel iemand het jou dopgehou en hy nooi jou uit na ‘n eksotiese eiland, privaat vliegtuig, alles word betaal, jy moet net opdaag en soveel saamnooi as wat jy kan. Tyd word dan ‘n avontuur, dit oorheers jou sekondes en gesprekke. In die wêreld waarin ons leef en skaars ons bure ken, sal dit nogals ‘n opgewondenheid kan skep. Dit is presies wat Joël sê Die Here doen, “Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.” Om klere reg te maak is maklik, of mens gebruik die stukke vir stoflappe, maar ‘n geskeurde hart kan net Die Here regmaak. Hy nooi jou uit na Hom toe, met Sy genade, barmhartigheid en liefde help Hy jou met Sy helende Hande. Hy het reeds jou hart raakgesien, wie jy is en wat jy kan doen! Hoor jy Sy uitnodiging en sal jy opdaag vir ‘n ongelooflike ervaring wat jou besig sal hou in en vir Sy Koninkryk? Die uitnodiging word aan jou gebied. AMEN Nagsê Here.
Nagsê Here
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.