Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #34
Nagsê Here
2 minutes 51 seconds
2 years ago
Nagsê Here #34
Goeie Naand, Onthou jy as jy terugdink aan die hoeveelheid kere wat jy ID foto’s geneem het vir jou ID kaart, Bestuurs lisensie, Paspoort.Jy het regop gestaan, met wit agtergrond en die mees treffende is jou strak gesig, jy mag nie lag nie. Hoe kan mens die nature vrolikheid so wegsteek? Teenoorgesteld was jy as ook by plekke waar vriende bymekaarkom, onthaal funksies, restaurante, pub en grills, braai saam met ‘n rugby of krieket wedstryd. Almal is vrolik, dit is nie as gevolg van verversings nie maar juis as gevolg van samesyn,‘n gemeenskap in kleine. Soos dit in jou menswees is word jou eie probleme, hartseer en bekommernis verdoof, jy luister na ander, neem die oomblik waar, in kort of versweë sinne beleef jy die oomblik van Nou! Jy vergeet van jou omstandighede, jy geniet die gemeenskap. ‘n Ware gelowige beleef blydskap in die gemeenskap van heiliges. Dit is vir my ‘n groot begrip. Wanneer Die Here die sondaar geheilig het is hy nie meer sondaar nie, maar heilig. Mense sal altyd die etiket van sondaar bevestig of uitwys, Die Here nie! Hy sien die mens raak wat Hy geheilig het. Na aanleiding van gisteraand se boodskap net die vraag “Het Jesus vir Saggéüs gevra om nie meer tollenaar te wees nie?” Tog het Die Here met blydskap Saggéüs ontvang. Mag jy vanaand die waarde Psalm 9:2,3 ervaar. “Ek wil die Here loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel. In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste” Mag jy sonder ‘n strak gesig, waar jy jou, wanneer ookal bevind, hierdie blydskap uitstraal. Om bly te wees, om te juig, loof jy die Here met jou hele hart, want Hy het jou geheilig, dit is aansteeklik vir almal om jou. Mag jy siele wen vir Sy Heiligdom met jou vreugde, jou familie en vriende vul met ware blydskap, al het jyself duisende vrae en bekommernisse, so leef jy tot eer van Sy Naam. Lekker slap, Lief vir julle. AMEN Nagsê Here.
Nagsê Here
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.