Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #38
Nagsê Here
2 minutes 37 seconds
2 years ago
Nagsê Here #38
Goeie Naand, In Markus 2 lees ons vanaand ‘n besonderse verhaal. Die verhaal se fokus is nie geloof en genesing nie of geloofsgenesing nie maar wel vergifnis. Jesus was in iemand se huis, besig om God se Woord te verduidelik aan ander. Die dakke was maar laag, bedek met gras of riete en klei daaroor gesmeer. Vier vriende bring hul verlamde vriend na Jesus toe, die huis toegepak met mense, selfs voor die ingang was daar ‘n samedromming. Hulle vat toe kortpad, klim op die dak en begin dit oopbreek en sak hul vriend neer voor Jesus. Kan jy jou indink aan die hoeveelheid stof, gras, riete en klei klonte neergeval het op Jesus en die wat naby Hom was. Meer nog, dis baie disrespekvol om iemand te steur terwyl hy praat, wat dan van ‘n hele vergadering ontwrig. Sulke gedrag ontlok irritasie en aggressie in elke mens, jy kan jouself en jou reaksie voorstel, woede, vloekwoorde, misnoë en beskuldigings, sal ons maar net sê - gedrag vol sonde gelaai. Maar Jesus was nie net mens nie, ons lees vers 5 "En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!” In ‘Stories van die Lewe’ word vertel van ‘n priester wat gehoor het van ‘n vrou wat reken Die Here praat direk met haar. Skepties en jaloers gaan besoek hy haar, dit klink net te onwaar. Hy toets haar om Die Here die volgende keer te vra wat sy grootste sonde as priester is. Nuuskierig, na ‘n maand besoek hy haar weer om te hoor wat Die Here se antwoord was. Haar woorde was “Die Here het vir my gesê om jou te sê “Watter sonde? Die sonde wat Hy vergewe, vergeet Hy ook.” Vanaand is dit wat Die Here vir jou ook sê en Hy voltooi dit met “Staan op en neem jou bed op en loop!” Mag jy jou lewenspad met vreugde loop deur Sy genadige Vergifnis. Jy het ‘n veskil om te maak! AMEN Nagsê Here.
Nagsê Here
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.