Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #39
Nagsê Here
2 minutes 32 seconds
2 years ago
Nagsê Here #39
Goeie Naand, Hoekom dink jy wil mense soveel ander mense, veranderd kry.Soort soek soort, lui die spreekwoord, tog is daar altyd mense wat iets anders verwag en vereis. Mense sukkel om mekaar te aanvaar, om onvoorwaardelik die medemens te help wat werklik hulp nodig het. Dit word amper soos mense wat hulself as engele ag teen die sondaars in die lewe, net omdat ons nie die andersheid kan aanvaar nie. Onthou jy die storie van son en wind wat ‘n weddenskap aangegaan het oor wie die vinnigste ‘n mens se jas kan wegneem. Son het agter ‘n wolk weggekruip en wind het begin blaas in stormwind. Hoe harder hy geblaas het hoe stywer het die mens sy jas vasgeklou. Na dit was dit son se beurt, glimlaggend het hy met warmte die mens saggies en liefdevol aangeraak met sy sonstrale. Na so rukkie het die mens sy jas uitgetrek. Son het gewen. Dit is nie met brute krag wat jy mense laat verander nie, hoekom is dit in elk geval nodig om jou sin te kry om mense te verander. Jakobus skryf in hoostuk 2: 15-17 “WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.” Mag jy vanaand besef Die Here wil jou gebruik met ‘n glimlag teenoor ander, om hulle met ‘n warm liefde aan te raak. So bewys jou werke jou geloof, jy kan iemand help met jou uitreik. Die Here het jou aangeraak, het Hy nie? Met Sy sagmoedigheid, oor jou Sy Sonstale gebied, gun dit ook vir ander! AMEN Nagsê Here.
Nagsê Here
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.