Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #40
Nagsê Here
2 minutes 15 seconds
2 years ago
Nagsê Here #40
Goeie Naand, Dit is altyd ‘n voorreg om opregte vriende te hê. Nou gesels ons nie oor kenisse nie maar vriende as waarde toevoeging. Reël maar ‘n reunie en terwyl jy die boodskappe lees onthou jy die mense, die verlede, die lag en huil, die groei saam en die waarde wat hulle aan jou lewe geheg het. Dalk het jy vandag vriende wat jou werklik ondersteun, jy voel jy kan jou lewe in hulle hande plaas. Jou hartsgeheime met hulle deel, jou toekomsdrome saam beplan en weet hulle sal jou bystaan. In Mattheus 6 lees ons “Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.” Hierdie is ‘n vriendskap verhouding met Die Here. Jou lewe is in Sy Hande. Hy is die vlieënier, jy die passasier, hoewel Hy toertjies ver bo die grond maak, jy voel bang en onseker, bring Hy jou veilig tuis. Mag jy vanaand as jy voel dat jy die vastigheid van die grond verloor het en blootgestel is aan enige iets wat verkeerd kan gaan weet dat Hy die stuurstang vashou terwyl Hy vir jou sorg. Sien die voëls in die lug raak, die lelies op die grond en glo dat jy vir Hom baie werd is, mag al jou kwellinge verdwyn met die wete dat Die Here, jou God, in beheer is. AMEN Nagsê Here.