Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #41
Nagsê Here
2 minutes 35 seconds
2 years ago
Nagsê Here #41
Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings, onseker verhoudings en liefdelose verhoudings. Die gesonde verhoudings weërspieël daarteenoor ‘n kragbron van geluk, verhoudings waar mense mekaar aanvaar, bemoedig, bystaan en in liefde leef. Paulus skryf hiervan in Romeine 15 “En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik. Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.” Paulus vra hierdie openhartige aanvaarding van mekaar sodat God verheerlik kan word deur eensgesindheid. Miskien het jy dalk vanaand ‘n moedelose gevoel, nie in jouself nie maar as gevolg van verhoudings en ooreenkomste wat skipbreuk lei, dalk voel jy, jy het hoop verloor. Die woorde klink maklik om te sê en tog is dit waar, “Ons dien ‘n God van hoop, in Christus Jesus skep Hy hoop in hopelose situasies, Sy Liefde skep in jou ‘n deursettingsvermoë om jou denke en dade te vul met hoop. Paulus sluit hierdie gedeelte af met ‘n seën wat vanaand vir jou ook gebid word “En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!” AMEN Nagsê Here.