Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #44
Nagsê Here
2 minutes 51 seconds
2 years ago
Nagsê Here #44
Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy doen? Dis alles vrae wat jou op een plek vasgevange hou? Dawid skryf dat Die Here vir die opregtes sorg in Ps 7. Miskien vra jy vanaand waarom dan al die onreg, die omkopery, die kwaadwilligheid van mense, die seermaak en seerkry, hoekom is daar soveel hartseer, wat maak ek met tyd en plek? Jy voel dalk soos ‘n teiken en almal skiet hul pyle na jou, dalk voel jy dat alles wat verkeerd kan gaan, gebeur met jou. Dit is net geloof wat jou staande hou met al hierdie vrae. Daarom sê Dawid in vers 11 en 12 “My skild is by God wat die opregtes van hart verlos. God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.” Hierdie skild van God kan die pyle keer, dit kan skaduwee verskaf in gloeiende son en snags gebruik word as ‘n dak en in stormweer as ‘n sambreel. Dit help jou om alles wat met jou gebeur te deurstaan omdat Hy jou beskerm sodat jy verlos kan word tot Sy eer. Hy bly Die Regter wat regverdig is, Hy sien die onreg en kwaadwilligheid en daaroor is Hy woedend, elke dag. Die 1983 vertaal die verse “God wat die opregtes help, is my beskermer. God is 'n betroubare regter, 'n God wat altyd die skuldiges straf.” Dit klink amper soos die spreekwoord “Die wiel draai” maar daarvan moet jy jou asseblief weerhou, Hy het in Sy liefde ook jou liefde nodig wat jy met jou lewe moet bewys. Mag jy eerder antwoord op al die dinge wat in jou lewe gebeur, die mooi en die lelik, die soet en die suur, die reg en die verkeerd soos Ps 7 eindig “Ek wil die Here loof na Sy geregtigheid en die Naam van die Here, die Allerhoogste, psalmsing.” Mag jou lewe ‘n lofsang aan Die Here jou God bly. Hy sal jou verlos op Sy tyd vir jou bestem. AMEN
Nagsê Here
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.