Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Business
Society & Culture
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/14/45/9a/14459a08-37cd-e67e-e586-9167df577e44/mza_8906410658274873042.jpeg/600x600bb.jpg
Nagsê Here
Afrikaans.Radio
45 episodes
1 day ago
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
RSS
All content for Nagsê Here is the property of Afrikaans.Radio and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.
Show more...
Christianity
Religion & Spirituality
https://cdn.iono.fm/files/p2978/logo_8108_20250908_211008_1400.jpeg
Nagsê Here #45
Nagsê Here
2 minutes 32 seconds
2 years ago
Nagsê Here #45
Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy of Die Here sal verstaan en antwoord. Sal jy iemand glo wat moord goedgekeur het, mense wreedaardig vervolg het, in die tronk was, weggejaag is uit dorpe en met klippe gegooi was, so hardkoppig dat hy met ‘n sweep paar keer geslaan was as straf, opstandig teen die regering en kerkleiers. Dis die einste persoon wat ons aanhaal vanaand, Paulus, wat sê “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Paulus het geweet dat hyself aan woorde en antwoorde kortkom en in daardie stil oomblikke pleit Die Gees van God. Woordeloos word jou gemoedstoestand ook oorgedra omdat God jou hart ken. Jou gebed geprewel met stilte en in jou swakheid. Jou seerkry, jou vernedering, jou verlede, jou twyfel asook jou hoop op beter dae. Vir jou as gelowige sien God net jou hart raak en luister na wat Die Gees pleit. Mag jou gebed vanaand jou gerus stel en jy glo dat God alles ten goede sal laat meewerk sodat Sy Liefde in jou en deur jou kan werk. Twyfel nie, jy het iets om vir Die Here jou God te doen. Jou gebed is jou Dankie sê, Die Gees antwoord namens jou. AMEN Nagsê Here.
Nagsê Here
Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.