Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
History
TV & Film
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts128/v4/26/d4/6f/26d46f30-91f8-e4c8-a62f-4612db0a5199/mza_8910466752608081226.jpg/600x600bb.jpg
NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
122 episodes
1 week ago
Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.
Show more...
Society & Culture
RSS
All content for NARRATIEF MET BOUWER BOSCH is the property of NARRATIEF MET BOUWER BOSCH and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.
Show more...
Society & Culture
https://d3t3ozftmdmh3i.cloudfront.net/staging/podcast_uploaded_episode/42060735/42060735-1766052085428-15c34ddc3e086.jpg
EPISODE 122: FREEK ROBINSON (JOERNALIS)
NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
56 minutes 31 seconds
2 weeks ago
EPISODE 122: FREEK ROBINSON (JOERNALIS)

Freek Robinson is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde en herkenbare joernaliste. ’n Joernalis en aanbieder wie se rustige gesag, skerpsinnige ondervraging en diep gevoel vir openbare diens die land se televisienuus oor dekades help vorm het. Freek Robinson is nie net deel van Suid-Afrikaanse mediageskiedenis nie, hy het dit help skryf.

Met ’n loopbaan van meer as 50 jaar het Robinson ’n vertroude nasionale stem geword tydens van Suid-Afrika se mees onstuimige en transformerende tydperke. Van die laaste jare van apartheid, deur die geboorte van demokrasie, tot die moderne era, het hy presidente, leiers, sakelui, invloedrykes en gewone Suid-Afrikaners ondervra, altyd met dieselfde fokus, aanspreeklikheid, duidelikheid en waarheid.

Freek was die gespreksleier tydens die eerste openbare debat tussen FW de Klerk en Nelson Mandela in 1994 wat deur 800 miljoen mense wêreldwyd gekyk is.

In ’n era van waar algoritmes en kitsmenings al hoe meer populr word, word word die Freek Robinson's van vandag ook minder. Freek groet die joernalistieke bedryf na 50 jaar se diens en hy kom deel 'n paar van sy stories uit sy lewe met ons.

As jy van hierdie gesprek gehou het, onthou om hom met jou vriende en familie te deel.


NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.