All content for Rapport Praat Sport is the property of Netwerk24 Klankgolwe and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Biduur en bier in Boland: Kavaliers-baas verklap CB-planne
Rapport Praat Sport
34 minutes
3 months ago
Biduur en bier in Boland: Kavaliers-baas verklap CB-planne
By die Boland-Kavaliers kan jy nou ’n jaar se voorraad bier of hoender wen. Jy kan ook ’n geloofsdiens by wedstryde op Sondae bywoon.
Dié week op Rapport Praat Sport sluit Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Boland-Kavaliers, hom by ons aan om te gesels oor al dié unie se innoverende planne.
“Ons wil die mense van die Boland trots maak,” sê Van Rooyen.
Die Kavaliers lyk nie net weg van die speelveld goed nie, maar ook tussen die vier wit lyne. Hulle het die Vrystaat-Cheetahs Sondag in ’n dramatiese kragmeting met ’n drie in die 88ste minuut geklop.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
Rapport Praat Sport
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.