Tydens die laaste monetêre beleidskomitee vergadering vir die jaar, is die repokoers gister met nog 25 basispunte gesny. Dit gee so bietjie verligting vir huishoudings maar rentekoerse is nie wat in die pad staan van ekonomiese groei nie.
Suid-Afrika het ’n dobbelprobleem, en dit speel toenemend agter ’n skerm af. Namate aanlyn weddenskapplatforms vermeerder, neem stories toe oor SASSA-toelaes enNSFAS-beurse wat deur laatnag-weddenskappe en intydse sportweddenskappe verkwis word. Dit is dus geen verrassing nie dat daar nou voorstelle na vore kom om maatskaplike toelae-ontvangers en beursstudente te verbied om hul fondse vir aanlyndobbelary te gebruik. Maar hoe doeltreffend is verbodsbepalings werklik? Die ekonomiese teorie en ervaring met ander “verbode” goedere toon datverbodsbepalings wel gedrag verander, maar dikwels op enger en meer deurmekaar wyses as wat voorstanders hoop.
Die afgelope week was daar baie ekonomiese nuus om positief oor te wees. Hoe raak dit jou sak?
Woensdagmiddag lewer die Minister van Finansies sy mediumtermyn begrotingsraamwerk rede. Ek wil ʼn paar wenke gee oor hoe jy soos ʼn ekonoom kan luister na die MTBPS.
Die draai van die maand het al die gewone aanwysers opgelewer en daar is (meestal) goeie en slegte nuus.
As jy moet soekvir ʼn rede om positief te wees is daar een goeie stukkie ekonomiese nuus wat kan help. Suid-Afrika is toe van die FATF se Gryslys verwyder.
Statistieke Suid-Afrika het gister die nuuste inflasiekoerssyfer aangekondig en dit het effens gestyg vanaf 3,3% in Augustus to 3,4% in September. Hier en daar sê iemand dit is ʼn groot terugslag vir Novembermaand se repokoers besluit, maar ekis nie so seker nie.
Dit is ses maande na die aankondiging van President Trump se wederkerige tariewe op “Liberation Day” en die impak op die ekonomie van die VSA is nie naastenby so groot as watekonome verwag het nie.
Van die eerste dinge wat ʼn persoonlike finansies self-help boek sê is begroot en spaar. Daarna herinner dit jou aan die sogenaamde hedoniese trapmeul. Dat die nut en vreugdewat ons kry uit die verbruik van goedere, soos die nuwe iPhone of Prado nie so lank hou soos die vreugde van ervarings nie. The Economist het hierdie week ʼn interessante artikel wat presies dit wys.
As jy gewonder het hoekom jy nie veel van die ANC se nuwe 01-punt ekonomie plan hoor nie, is dit omdat dit nie veel van ʼn plan is nie. Dit sê hoofsaaklik dat die regering van die dinge wat hulle al lankal mee besig is vinniger en beter gaan probeer doen, maar nie regtig hoe nie.
Ek wou eers praat oor die ANC se nuwe 10-punt ekonomiese plan, maar dit kan wag, want die goudprys het hierdie week deur die $4000 per fyn ons vlak gebreek.
Ekonome is besig om hoë-frekwensie aanwysers van hoe dit met die ekonomie gaan, fyn dop te hou. In die derdekwartaal het sakevertroue en verbruikersvertroue indekse gedaal. September se aankopebestuurdersindeksdata en voertuigverkope het almal verras.
Verbuikersvertroue het verswak in die eerste kwartaal, verbeter in die tweede kwartaal en toe weer effens afgeneem in die derde kwartaal. Dit is in negatiewe terrein op -13 punteen ver onder die langtermyn gemiddeld.
Die goudprys mik vir $3800, die rand-dollar wisselkoers verhandel rondom R17,30 en die JSE stel rekord hoogtepunte op, maar opnamedata wys 'n ander storie.
Die Reserwebank se Monetêre beleidskomitee het gister die repokoers onveranderd gelaat op 7%. Daar was ʼn aantal aanwysers wat my en ander ontleders laat dink het dat hulledalk met 25 basispunte sou sny, maar dit het nie gebeur nie. Die verduidelik in hulle verklaring is nogals ingewikkeld.
Die Minuut is terug op die lug na ‘n lekker lang ruskans en vandag wil ek graag praat oor die BBP syfers wat die afgelope week bekend gemaak is.
Een week na daardie 30% tarief ingestel is op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA bly die storie in die nuus. Daar is berigte oor die sogenaamde hulppakket en oor maatskappye wat in die handelsoorlog spervuur beland, wat my laat wonder of hulle sinvol gehelp kan word.
Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics
* Let wel, die Minuut vat 'n kort vakansie en sal weer op die lug wees in September.
Daar was die afgelope week ʼn mengsel van ekonomiese nuus om dop te hou. ABSA en die Buro seaankopebestuurdersindeks vir Juliemaand staan net bo die neutrale punt op 50.8 punte. Dit lyk of binnelandse en internasionale vraag sterker was in Julie en nuwe verkope het toegeneem. Daar is steeds heelwat onsekerheid watvervaardigers bekommerd het die vooruitsigte vir besigheidsaktiwiteit oor die volgende ses maande het verswak. S&P Global se indeks, wat ook dienstebedrywe insluit staan op 50,3 punte.ook ondersteun deur binnelandsevraag.
Die ou sê-ding is dat as Amerika nies kry die wêreld verkoue en op die oomblik is dit moeilik om te diagnoseer wat met Amerika aangaan. In hierdie episode wil ek graag praatoor hulle ekonomiese groeikoers, werkskepping, en inflasie. Dit alles is belangrik vir rentekoerse daar en hier.
Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Die afgelope week is gekenmerk deur hoë vlakke van beleidsonsekerheid. Op die ou einde is President Trump se 30% tarief op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA met ʼn weekuitgestel en die Monetêre beleiskomitee het die repokoers met 25 basispunte gesny.
Die meer interessante nuus is dat die Reserwebank saammet verlede week se repokoers-verlaging ook aangekondig het dat toekomstige beleidskomitee besluite oor die repokoers geanker gaan word aan ʼn inflasiemikpuntvan 3%.