Home
Categories
EXPLORE
Education
Society & Culture
Business
News
True Crime
Comedy
Kids & Family
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts112/v4/9c/b1/81/9cb181f5-3da0-522d-f630-8ec2a2188c26/mza_7950025552146652226.jpg/600x600bb.jpg
In alle Ernst
Ernst J. van Zyl
90 episodes
1 month ago
Die In alle Ernst-podsending bespreek onderwerpe soos identiteit, kultuur, gemeenskap, Suid-Afrika en meer in Afrikaans.
Show more...
Society & Culture
RSS
All content for In alle Ernst is the property of Ernst J. van Zyl and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die In alle Ernst-podsending bespreek onderwerpe soos identiteit, kultuur, gemeenskap, Suid-Afrika en meer in Afrikaans.
Show more...
Society & Culture
Episodes (20/90)
In alle Ernst
Ep. 64 - Die wêreld vind uit van polities ongerieflike feite oor Suid-Afrika
Ek bespreek die groot deurbrake en vordering gemaak deur verskeie organiasies en individue in die aanhoudende stryd om die wêreld in te lig oor die waarheid rakende die Suid-Afrikaanse regering se korrupsie, mislukkings en menseregteskendings.
Show more...
1 month ago
4 minutes

In alle Ernst
Ep. 63 - Ons is almal Charlie Kirk
Ek bespreek die Amerikaanse kommentator en aktivis Charlie Kirk se nalatenskap, die implikasies van sy sluipmoord, asook hoe ons moet reageer op radikale linkse geweld.
Show more...
1 month ago
5 minutes

In alle Ernst
Ep. 62 - Hoe Afrikaners organiseer in die 21ste eeu gaan ons toekoms bepaal
Ek bespreek die gedagte dat hoe Afrikaners bymekaarkom, mekaar vind, en organiseer in die 21ste eeu gaan ons toekoms bepaal, die idee van die "Afrikaner gevaar," asook die feit dat hoe ‘n volk reageer op uitdagings hom definieer. Hierdie video is 'n verwerkte weergawe van my feesrede by die Bapsfontein Geloftefees in Garsfontein op Geloftedag 2024. 
Show more...
3 months ago
21 minutes

In alle Ernst
Onderhoud 26: Koos Malan | Selfbeskikking, Transformatisme, en die staatsgodsdiens van Suid-Afrika
Ek gesels met voormalige professor in Publieke Reg aan die Universiteit van Pretoria, konstitusionele juris, en skrywer Koos Malan oor selfbeskikking, Artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet, die"Kill the Boer"-uitspraak, en die vraag: Kan jy op die howe vertrou? Verder gesels ons oor Transformatisme, tirannie van die meerderheid, en die staatsgodsdiens van Suid-Afrika.
Show more...
3 months ago
1 hour 28 minutes 33 seconds

In alle Ernst
Ep. 61 - Trump-tariewe: Ramaphosa en ANC-geleide regering het droewig misluk
President Donald Trump se tariefbom het hierdie week behoorlik gebars en hoewel die implementering daarvan vroeër met 90 dae opgeskort is om ruimte te laat vir onderhandelinge, het die ANC-geleide regering ’n kop-in-die-sand-benadering gevolg. Die implementering van ’n 30%-tarief op invoere na die VSA uit Suid-Afrika tree op 1 Augustus in werking en dit is duidelik dat Suid-Afrikaners nou die wrang vrugte smaak van die regering se voetslepery en ontkenning van probleme.
Show more...
4 months ago
6 minutes 11 seconds

In alle Ernst
Ep. 60 - Afrikanervlugtelinge vlug vir meer as bloot wetgewing wat hulle teiken
Onlangs het 49 Afrikanervlugtelinge se vertrek na die VSA ’n groot debat en bohaai ontketen. Naas simpatie en hartseer was daar ook ’n hewige porsie snedige grappies en opmerkings wat ten koste van hulle gemaak is. Ek wil sommige van hierdie opmerkings onder die loep neem, veral dié wat op moedswillige trant vra: “Waarvan wil julle dan nou eintlik vlug?” Hierdie doodgewone Afrikaners vlug waarskynlik van meer as slegs regeringsbeleide en politieke retoriek wat hulle teiken beleide en retoriek wat die spotters so graag en gretig ontken.
Show more...
4 months ago
7 minutes 30 seconds

In alle Ernst
Ep. 59 - Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
Die ANC bestempel president Donald Trump se uitvoerende bevele, kritiek teen die Suid-Afrikaanse regering en die instelling van wederkerige tariewe as “martelend”. Dit dui daarop dat dié party geen immuniteit het teen skeptiese en ondersoekende internasionale aandag nie. ANC-kaders het gewoond geraak aan die rooi tapyt wat vir hulle uitgerol word, selfs al betrap hulle dit gereeld met modder.
Show more...
5 months ago
4 minutes 34 seconds

In alle Ernst
Ep. 58 - Politici en die media se leuens oor Suid-Afrika
In hierdie episode bespreek ek al die onderduimse taktieke en skaamtelose propaganda wat die Suid-Afrikaanse regering en hul aanvalshonde in die media gebruik het sedert president Donald Trump in Februarie 2025 hierdie rasmal regime in sy visier geplaas het.
Show more...
6 months ago
9 minutes 26 seconds

In alle Ernst
Ep. 57 - Boodskap aan diegene wat steeds plaasmoorde ontken
Hoekom is plaasmoorde die enigste geweldsmisdaad waar die slagoffers doodeenvoudig as leuenaars afgemaak word? Hoekom is plaasmoorde die enigste geweldsmisdaad waaroor joernaliste op sosiale media grappies maak? Ek opper hierdie en ander vrae.
Show more...
6 months ago
6 minutes 16 seconds

In alle Ernst
Onderhoud 25: Paul Maritz | Die Christen, sy eiendom en identiteit
Ek en Paul Maritz het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor Christenskap en eiendom, identiteit, grond, kultuur, en meer.
Show more...
12 months ago
48 minutes 32 seconds

In alle Ernst
Ep. 56 - Die doemprofete was verkeerd oor Afrikaans en Afrikaners
Ek bespreek hoe Afrikaners in die 21ste eeu al die post-1994 doemprofete, wat die einde van Afrikaner kultuur en Afrikaans voorspel het, verkeerd bewys het.
Show more...
1 year ago
6 minutes 6 seconds

In alle Ernst
Ep. 55 - “ʼn Boer maak ʼn plan” word internasionaal bekend
Ek bespreek AfriForum se onlangse steunwerwingstoer in die VSA, hoe die buiteland begin kennis neem van Suid-Afrika se krisisse, asook die herontdekking van die Afrikaners deur die Weste. 
Show more...
1 year ago
6 minutes 16 seconds

In alle Ernst
Ep. 54 - Afrikaners se nuwe internasionale reputasie
Ek bespreek die nuwe, positiewe internasionale reputasie wat Afrikaners duidelik aan die verkry is oorsee. “’n Boer maak ’n plan” het internasionaal gegaan.
Show more...
1 year ago
4 minutes 35 seconds

In alle Ernst
Ep. 53 - Afrikaners: Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Waarheen is ons op pad?
Ek bespreek die kernvrae van kulturele voortbestaan wat antwoorde vereis. Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Waarheen is ons op pad?   Hierdie is ‘n verkorte weergawe van my 2023 feesrede by die Wilgefontein Geloftefees op die Greylingstad-Villierspad feesterrein.
Show more...
1 year ago
16 minutes 35 seconds

In alle Ernst
Onderhoud 24: Professor Koos Malan | Die uithoeke van die Westerse beskawing
Ek het 'n gesprek met professor Koos Malan oor sy meningstuk wat uiteensit hoe die Weste op alle fronte, veral aan sy periferie, onder beleg is.
Show more...
1 year ago
43 minutes 5 seconds

In alle Ernst
Onderhoud 23: Werner Human | Die Afrikaner Verklaring
Ek gesels met Werner Human, die Operasionele Hoof van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud, storie, visie en missie van die Afrikaner Verklaring.
Show more...
1 year ago
1 hour 12 minutes 51 seconds

In alle Ernst
Ep 52 - Diversifiseer jou oplossingsportefeulje
In hierdie episode verken ek die redes vir hoekom mense meer veelsydig oor oplossings moet dink en hoekom mens eenvoudige oplossings met 'n knippie sout moet neem.
Show more...
1 year ago
4 minutes 39 seconds

In alle Ernst
Ep. 51 - Post-1994: Afrikaners word wéér organisasiebouers
Ek bespreek hoe Afrikaners weer organisasiebouers in die 21ste eeu geword het (post-1994) , na 'n periode van staatsbouers wees onder apartheid. N.P. van Wyk Louw se skrywes oor Afrikaner kulltuurorganiasies word ook ontleed. 
Show more...
1 year ago
6 minutes 14 seconds

In alle Ernst
Ep. 50 - Weerstaan die verleidelike gemak van virtuele laers
In hierdie episode is die onderwerp die aanlyn laers wat 'n groot gros Afrikaners na gevlug het om die gruwels and frustrasies van 21ste eeu Suid-Afrika te ontsnap.
Show more...
1 year ago
7 minutes 9 seconds

In alle Ernst
Onderhoud 22: Professor Danie Goosen | Gemeenskap en plek, orde en chaos, Afrikaners se verlede en toekoms
Ek gesels met Akademia se professor Danie Goosen oor onderwerpe soos gemeenskap, plek, kultuur, Afrikaners se verlede, hede en toekoms, en veel meer.
Show more...
1 year ago
1 hour 37 minutes 43 seconds

In alle Ernst
Die In alle Ernst-podsending bespreek onderwerpe soos identiteit, kultuur, gemeenskap, Suid-Afrika en meer in Afrikaans.