Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
TV & Film
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/f9/85/68/f98568cd-50fa-1c02-27dc-a35fcd5d78c4/mza_4374206944444502600.jpg/600x600bb.jpg
Kerksondermure (KSM)
Kerksondermure
43 episodes
1 day ago
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
Show more...
Religion & Spirituality
RSS
All content for Kerksondermure (KSM) is the property of Kerksondermure and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
Show more...
Religion & Spirituality
Episodes (20/43)
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Jesus bring ‘n swaard vir die siel

In vandag se boodskap stop ons by Simeon, ‘n ou oom, wat twee profesieë oor Jesus uitspreek. Hy meld twee dinge wat Jesus gaan kom doen. Eerstens, Jesus gaan konflik bring tussen mense, en tweedens, Jesus gaan konflik bring binne mense. Vandag ontdek ons wat dit beteken.  

Show more...
1 day ago
31 minutes

Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | ‘n Lig het geskyn...

Kersfees is nie ‘n sentimentele verhaal nie en help ons daarom om realisties te kyk na ons lewe in hierdie wêreld. Dis ‘n donker wêreld (nie hopeloos nie), waarin ons nooit ons weg sal vind nie, tensy Jesus ons Lig is nie.

Show more...
1 day ago
25 minutes

Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat bly

Wanneer ons dink aan engele wat mense besoek dan dink ons aan Maria, Sagaria, Elisabet... Ons vergeet soms dat Jesus se aardse pa, Josef, ook deur ‘n engel besoek was in ‘n droom. Daardie ontmoeting help ons om te verstaan wie Jesus regtig is, gister, vandag, en tans hier.

Show more...
1 day ago
31 minutes

Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Geloof is...

Kersfees kondig die grootste gebeurtenis in die geskiedenis aan: GOD HET MENS GEWORD. Dié gebeurtenis vra van jou en my om dit nie net te hoor nie, maar juis van harte te glo. Maar wat is geloof? Ons sien in die Kersverhaal hoe Maria se geloof gevorm word en juis daarin sien ons ‘n model vir ons eie geloof. Kom ontdek saam wat Geloof is...

Show more...
1 day ago
25 minutes

Kerksondermure (KSM)
Neels Marais | Vier waarhede uit Jesus se geslagsregister

Ons almal het soms die ervaring dat die Here baie lank vat om ons gebede te verhoor. Die geslagsregister van Jesus Christus herinner ons daaraan dat die Here altyd sy beloftes hou. Hy hou sy woord, Hy kom sy beloftes na, maar dikwels voel dit of hy talm. Ons taak en voorreg is om te bly wag op die Here. Hy is nooit laat nie.

Show more...
3 weeks ago
32 minutes

Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | God se hart in ‘n lys

Matteus begin sy vertelling van die Kersverhaal met ‘n lang, op die oog af, amper uitputtende geslagsregister. Wanneer ‘n mens hierdie lys name lees, kan jy amper nie wag om dit agter die rug te kry, sodat jy by die aksie kan uitkom nie.

Maar jy sal ‘n fout maak om dit oor te slaan, want in hierdie geslagsregister is daar ‘n paar uiters betekenisvolle waarhede. Waarhede wat vir ons so baie vertel van Wie God is en van wie ons is.

 

Show more...
3 weeks ago
21 minutes

Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | ‘n Antieke loflied vir moderne mense

Lukas se evangelie begin met drie lofliedere aan God deur verskillende mense. Jy kan elkeen van daardie lofliedere deel maak van jou lewe in hierdie Kerstyd, en veral omdat ons vandag die doop van kinders ook vier.

 

Show more...
4 weeks ago
26 minutes

Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Wees gehoorsaam....dis dade en aksie

Gehoorsaamheid is vir die Here belangrik – nie omdat Hy die baas of werkgewer is nie, maar juis omdat Hy jou Vader is. Hy wil hê jy moet gehoorsaam wees ter wille van jou oorvloedige- en oorwinningslewe. Kom ons leer by mense soos Abraham, Daniël en ook Petrus oor die vrug van gehoorsaamheid. Terselfdertyd moet ons diep bewus wees dat die Evangelie alleen gehoorsaamheid moontlik maak in ons lewens. Kom ons kom in beweging! Kom ons gaan oor tot aksie! Kom ons verheerlik God met gehoorsame lewens.

Show more...
1 month ago
41 minutes

Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | “Lig en duisternis en ‘n onverwagse fees”

Vandag neem ons ’n eerlike reis deur Psalm 88, een van die donkerste psalms in die Bybel. Ons ontdek saam hoe God dikwels in ons diepste donkerte werk — soos tydens Jesus se geboorte in ’n stal vol skaduwees en Sy dood aan die kruis, waar Hy self die duisternis binnegaan om lig te bring. Die preek nooi jou om te sien hoe geloof ook in stilte groei, hoe lig selfs in die nag kan skyn, en hoe God telkens van ons donkerste oomblikke ’n onverwagse fees van hoop en genade maak.

Show more...
1 month ago
20 minutes

Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Hoe maak ek met donker tye?

Hoe maak ek met donker tye? Wat moet ek doen wanneer dit voel asof die Here van my vergeet het, en my net verlaat het? Wat moet ek doen wanneer dit voel asof duisternis ‘n beter vriend is, as God? Psalm 88 help ons om nuwe perspektief te kry op hierdie vrae, en help ons om opnuut te ontdek wat Jesus se kruisdood regtig vir ons beteken.

Show more...
1 month ago
33 minutes

Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Die geboortegrond van dankbaarheid

Vandag se kultuur, en heeltemal te veel mense in hierdie kultuur, is ondankbaar en ontevrede. Dit, terwyl die Here wil hê sy volgelinge moet leef met oorloop-harte propvol dankbaarheid. Wel, dit is nie altyd maklik nie, want die lewe is met tye ingewikkeld en uitdagend. In hierdie boodskap gesels ons oor ‘n wonderlike geestelike dissipline wat jou prakties, hande en voete, kan help om ‘n dankbare mens te wees. Leer dit aan, doen dit gereeld  en leef met ‘n hart vol dankbaarheid!

Show more...
1 month ago
32 minutes

Kerksondermure (KSM)
Stephan Joubert | Vanaf "yesterday's hero" na 'n gestuurde van God

Elia is uit op sy voete aan die begin van 1 Konings 19.  Hy vlug vir sy lewe.  In die woestyn vra hy selfs vir God om 'n einde aan dit alles te bring.  Dan daag 'n engel by hom op met lewenskos, want God het 'n nuwe onmoeting met Elia in gedagte.  Hy wil Homself opnuut openbaar aan sy kneg op sy heilige berg waar Hy ook vir Moses ontmoet het. Hierna loop Elia terug op sy eie spore, maar nou doen hy dit met 'n nuwe doel en roeping.  God verander ons ook deur Sy Gees wanneer ons Hom reg ontmoet.

 

Show more...
1 month ago
32 minutes

Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Die groot vraag: Hoe kan ek in verhouding met God staan?

Miga vra die belangrikste vraag wat enige iemand kan vra. Die vraag is: Hoe kan ek, as klein swak mens, met die ewige en hoë God, in verhouding wees? Miga gee twee verkeerde antwoorde, en dan eers kom hy by die regte antwoord uit. In hierdie preek ontdek ons wat dit is.

Show more...
1 month ago
29 minutes

Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Maak Jesus sigbaar

Ons lees reeds in die eerste hoofstuk van die Bybel dat die mens as beeld van God geskape is. Hierdie beeld het egter ernstige skade gekry en moes herstel word. Wat het gebeur en natuurlik, wat nou? Hoe neem ons deel aan die herstel-proses? Daarom vandag se tema: Maak Jesus sigbaar.

Show more...
1 month ago
28 minutes

Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Die genade van vrygewigheid

Dit is die tyd van die jaar waar ons geskenke koop. ‘n Tyd van GEE. Daarom is dit ook gepas dat ons nadink oor die geskenk van GEE, aldus vrygewigheid. Ons ontdek vanuit die gelykenis van die ryk jongman dat geld gevaarlik kan wees vir ons geestelike lewe en daarom die vraag: Wat is die antwoord vir dié gevaar?

Show more...
2 months ago
30 minutes

Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Hoe lyk ‘n Christen?

Die andersheid van die eerste gelowiges het tot gevolg gehad dat die vroeë kerk dramaties gegroei het. Een van die mees sigbare uitdrukkings van hulle andersheid was hulle radikale vrygewigheid. Vandag gaan ons kyk na twee dinge wat hulle gemotiveer het om so te leef en na wat dit vir ons lewens vandag beteken.

Show more...
2 months ago
27 minutes

Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Om dieper te kan luister

Om dieper te luister gaan nie net oor die mense in ons wêreld nie. Dit gaan ook oor hoe ons God hoor. Jesus kom leer ons hoe om op drie verskillende maniere te luister. Elk daarvan leer ons iets van wie Hy is, wie ons as mense is, en hoe ons die Jesuslewe nog meer kan ontdek.

Show more...
2 months ago
29 minutes

Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Leef met ....Jesus se hart vir die behoeftiges

Dis nie ‘n positiewe waarneming as ‘n mens opmerk dat die wêreld se verre meerderheid mense in armoede leef nie. Met ander woorde, ons praat van behoeftig en hulle sukkel om in hul eie en hul gesin se basiese behoeftes te voorsien. Dis ‘n daaglikse oorlewingstryd. Verseker is hierdie realiteit vir die Here belangrik en praat Hy daaroor in sy Woord. Die wagwoorde van ‘n gelowige in hierdie wêreld behoort dankbaarheid en vrygewigheid te wees. Leef met oop harte en oop hande. Reageer soos Jesus met ‘n diep en werklike liefde wat omgee en uitreik na behoeftige mense. Jy word geseën om ‘n seën te kan wees. Kom ons gaan leef dit!

Show more...
2 months ago
30 minutes

Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Kyk na my

Ons gesels oor die verlamde man by die Mooipoort in die Tempel. Die Heilige Gees laat Jesus se volgelinge anders kyk na ander en laat ons anders optree teenoor ander.

Show more...
2 months ago
27 minutes

Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Hoe gaan dit, PA

‘n Vriend van my het gebruik dikwels die gesegde: Moeilikheid is ons besigheid... dit kan sekerlik vir baie dinge staan, maar dan ook vir die KERK, nie waar nie? Deur die eeue heen is die Kerk bekend daarvoor dat daar nie gevlug word vir moeilikheid nie, maar eerder na dit toe getreë word. Sedert die opstanding van Jesus het hierdie beweging die wêreld getref juis omdat dit NA die nood toe beweeg het. Vandag staan ons stil by twee manne van die Bybel – een uit die OT en een uit die NT wat beide in moeilike omstandighede vir ons wys hoe gelowiges leef met ‘n ander perspektief as dié om hulle.

Show more...
2 months ago
31 minutes

Kerksondermure (KSM)
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.