Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
TV & Film
Sports
Health & Fitness
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts116/v4/52/f0/49/52f04980-a3c1-d303-edcd-30a8a2ca9f94/mza_16447505664341665682.jpg/600x600bb.jpg
Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
DStv
44 episodes
9 months ago
Is kykNET en alles wat dit bring een van jou lewensare? Is jy nuuskierig oor die binnewerkinge, nuwe karakters of boeiende storielyne? Dan is kykNET se nuwe aanlynprogram net vir jou. Met Kassie-Kuiers gaan jy nie net die nuutste witwarm nuus van programme soos Binnelanders, Suidooster en Boer Soek ‘n Vrou hoor nie, Renaldo Schwarp skuur ook weekliks skouers met al jou gunstelling kykNET TV-sterre. Die program is uiters interaktief en hou die vinger op die pols deur te kyk wat mense aan die praat het. Kassie-Kuiers gaan ook eerste wees om nuwe karakters en storielyne aan kykers te bring.
Show more...
Entertainment News
TV & Film,
News
RSS
All content for Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp is the property of DStv and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Is kykNET en alles wat dit bring een van jou lewensare? Is jy nuuskierig oor die binnewerkinge, nuwe karakters of boeiende storielyne? Dan is kykNET se nuwe aanlynprogram net vir jou. Met Kassie-Kuiers gaan jy nie net die nuutste witwarm nuus van programme soos Binnelanders, Suidooster en Boer Soek ‘n Vrou hoor nie, Renaldo Schwarp skuur ook weekliks skouers met al jou gunstelling kykNET TV-sterre. Die program is uiters interaktief en hou die vinger op die pols deur te kyk wat mense aan die praat het. Kassie-Kuiers gaan ook eerste wees om nuwe karakters en storielyne aan kykers te bring.
Show more...
Entertainment News
TV & Film,
News
Episodes (20/44)
Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Televisie Vervaardiging
Waar trek jy die lyn tussen gesonde debat en sensasie in televisie programme wat hedendaagse kwessies in die kollig plaas? Renaldo Schwarp gesels met inhoudsvervaardiger Kaylee Kruser en leefstylredakteur by Channel 24, Herman Eloff.
Show more...
2 years ago
8 minutes 29 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Ouerskap in die kollig
Ouerskap is nie ’n maklike taak nie. Renaldo Schwarp gesels met Arendsvlei-akteurs Jody Abrahams en Carmen Maarman oor hul karakters en onderskeie storielyne tans rondom dié belangrike vraagstuk.
Show more...
3 years ago
8 minutes 45 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Leefstyl in Lente
Ons kuier in Franschoek by ’n beeldskone huis! Renaldo Schwarp gesels met Hennie en Nicole Hellinger oor die nuwe seisoen van Wanderlus en Leon Kluge deel meer oor Die Groenste Vingers se tweede seisoen!
Show more...
3 years ago
9 minutes 8 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Meer as ’n Fraksie van drama
In kykNET se nuwe drama, Fraksie, is karakters só kompleks! Renaldo Schwarp kuier op stel en vind uit by akteurs Marlo Minnaar, Roeline Daneel, Brendon Daniels, Duane Williams asook by regisseur Nina Swart oor karakters, stories, en verfilming!
Show more...
3 years ago
10 minutes 12 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Lente is vir Liefde
Die liefde blom behoorlik voor-en-agter die skerms! Renaldo Schwarp gesels met akteurspaartjies, Cintaine Schutte en Carel Nel asook Cindy Swanepoel en Craig Urbani oor liefde en verhoudings in die publieke oog.
Show more...
3 years ago
10 minutes 9 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Diepe Waters cast Justin Strydom, Lea Vivier, Reandi Grey
Ná die bekendmaking van die rolverdeling van kykNET se nuwe telenovela, Diepe Waters, wat 3 Oktober 18:00 op kykNET begin, maak Renaldo Schwarp ‘n draai op stel vir ‘n eerste en eksklusiewe kykie. Hy gesels ook met van die akteurs wat in Diepe Waters te sien is, soos Justin Strydom, Lea Vivier, Reandi Grey, wat ‘n bietjie meer verklap oor wat kykers kan verwag.
Show more...
3 years ago
9 minutes 11 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Die fenomeen van oorklankings
Ons bekyk die kuns agter oorklankings van nader. Renaldo Schwarp maak ’n draai op die stel van kykNET&kie se gewilde oorgeklankte Turkse Telenovellas en gesels met die stemakteurs hierin, Gustav Gerdener en Stephanie Baartman.
Show more...
3 years ago
7 minutes 44 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Vroue op die Kassie Deel 3
Ons vier steeds talentvolle vroue op die kassie. Renaldo Schwarp gesels met Odelle de Wet van Binnelanders, en Stephanie Baartman van Getroud met Rugby en die oorgeklankte Turkse Telenovellas.
Show more...
3 years ago
10 minutes 53 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Vroue op die Kassie Deel 2
Ons vier steeds vrouemaand hierdie week saam met die talentvolle vroue van Arendsvlei! Renaldo Schwarp gesels saam met aktrises, Crystal-Donna Roberts en Devonecia Schwartz, oor die uitbeelding en krag van ander vroue se stories.
Show more...
3 years ago
10 minutes 13 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Vroue op die Kassie
Ons skop vrouemaand met aanbieders, Mia Spies en Kabous Meiring, af. Renaldo Schwarp gesels met hul oor die nuus, die TV-landskap vir vroue en hoekom dié medium so belangrik vir Afrikaanse kykers is.
Show more...
3 years ago
8 minutes 35 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Die perfekte tien!
Vandeesweek in #KassieKuiers vier ons Suidooster se 10 SAFTA-benoemings met een van die sepie wereld se 'most talked about' TV-paartjies, AB en Mymoena Samsodien
Show more...
3 years ago
10 minutes 5 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Trend Alert: Lisa met die Rooihare
Sy is g’n oornag internetsensasie nie, dit het ’n “paar jaar” gevat. Nou is sy die aanbieder van die nuwe kykNET NOU! program, TREND. Renaldo Schwarp gesels lekker met Lisa met die Rooihare oor sosiale media, boere en meer! Ons bekyk ook vanjaar se SAFTA-benoemings van nader.
Show more...
3 years ago
7 minutes 37 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Spoorloos en sy legkaarte
Bobby van Jaarsveld vertolk een van sy grootste rolle nóg in Spoorloos: Die Eiland! Renaldo Schwarp gesels met hom en skrywer-regisseur Christo Davids oor die nuutste seisoen se spanning en intriges wat op kykers wag.
Show more...
3 years ago
9 minutes 7 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Real. Real. Real.
Francois het sy keuse gemaak! In ’n EKSKLUSIEWE episode met Renaldo Schwarp, kyk Francois Jacobs en Schalk Bezuidenhout terug na die tweede seisoen. Hoe gaan dit als eindig?
Show more...
3 years ago
9 minutes 15 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Stories met ‘spice’
Renaldo Schwarp het spesiaal op stel gaan kuier by aanbieders Pietman Geldenhuys en Lyntjie soos hul gereed maak vir nog ’n splinternuwe seisoen van OppieStoep! Dis ’n voorsmakie met dié gesoute storievertellers en grapmakers!
Show more...
3 years ago
10 minutes 13 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Pa. Pappa. Daddy.
Ons vier Vadersdag met die Binnelanders-span. Renaldo Schwarp gesels met Bradley Olivier en Cobus Rossouw oor die druk van pa-wees en watter lesse hulle vir hul kinders wil agterlaat. Mila Guy, Germandt Geldenhuys en Antoinette Modise deel ook hul Vadersdag-wense.
Show more...
3 years ago
9 minutes 40 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Jeugdag!
Jong akteurs op die kassie gesels oor hul rol en verantwoordelikheid in die samelewing. Renaldo Schwarp hoor by Marco Spaumer, Mienke Ehlers, Lisa-Maree Bruiners en Chante Graigners oor hoekom Jeugdag nog belangrik is.
Show more...
3 years ago
8 minutes 14 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Laat die potte (en panne) prut
Televisieliefhebbers smul al vir jare na die heerlike disse en hul kleure op kosprogramme. Renaldo Schwarp gesels met gewilde TV-sjefs en Errieda du Toit, inhoudsvervaardiger van In die Sop en MasterChefSA, vertel meer oor hierdie vlagskip-kosprogramme!
Show more...
3 years ago
9 minutes 21 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Die langste programme oppie kassie
Kwêla en Toks & Tjops is twee programme wat die langste op die kykNET is. Renaldo Schwarp gesels met aanbieders, Janina Oberholzer en Hannes van Wyk, oor wat dit vat om ’n program vir só lank op die lug te hou.
Show more...
3 years ago
10 minutes 24 seconds

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp
Koffie en beskuit voor die Kassie
Daar is niks lekkerder as ’n koffie met beskuit in die oggend terwyl jy jou gunsteling ontbytprogram kyk nie. Renaldo Schwarp gesels hierdie week met aanbieders van ontbytprogramme, Jenna-Leigh Bilong, Jennifer Myburgh en Eloise Cupido!
Show more...
3 years ago
9 minutes 28 seconds