Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
TV & Film
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/52/95/f1/5295f1dd-bd4c-a1c6-1956-1dce12eaa042/mza_4345060782116883959.jpeg/600x600bb.jpg
Mevrou Mevrou
JacPod
43 episodes
1 week ago
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.
Show more...
Comedy
Personal Journals,
Society & Culture
RSS
All content for Mevrou Mevrou is the property of JacPod and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.
Show more...
Comedy
Personal Journals,
Society & Culture
Episodes (20/43)
Mevrou Mevrou
Mevrou kry lelik stry oor die lys vir Kerspersente
Mevrou is besig met die laaste beplanning vir Kersfees – en heel bo-aan haar lys van wat om nog te doen, is die Kersfees geskenke. Wie kwalifseer vir ’n persentjie onder die Kersboom? Dianne Broodryk staan vas net dié lede van die familie wie saam met hulle is op Kersdag, kry gekoopte persente. Gerda de Sousa stem glad nie saam nie – of hulle nou bymekaar is of nie, sy draai iets toe vir onder die boom. En daar breek die groot gestryery toe uit …..
Show more...
1 week ago
24 minutes 48 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou wonder hoe lank die strate so skoon gaan bly na die Gee-20 beraad
Mevrou besef die G20 beraad is amper hier, want die paaie in Gauteng is ewe skielik baie skoon, die slaggate word opgevul, meeste van die verkeersligte werk en metro polisie word oral gesien. Dis nie aldag wat die provinsie so vere reg ruk nie en ook geen wonder nie, want van die grootste lande in die wêreld stuur hulle staatshoofde om in Johannesburg te kom beraadslaag. Nou besef Gerda de Sousa en Dianne Broodryk te laat dat hierdie eintlik ’n gulde geleentheid sou wees om ’n internasionale spanbou in Gauteng te kon hou – aangesien die provinsie nou spiekeries lyk …..
Show more...
2 weeks ago
21 minutes 18 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se gesukkel om die mediese forms in te vul
Mevrou moet hospitaal toe gaan vir ‘n mediese prosedure, maar wat vir haar erger is as wat hulle aan haar gaan doen, is die stapel mediese forms wat sy voor die tyd moet invul. Asof dit nie genoeg is dat sy elke maand die derduisende moet opdok vir ’n mediese fonds nie, maak die administratiewe nagmerrie haar sommer naar. Hierdie is ’n bitter pil vir Mevrou om te sluk, en sy is bevrees daar is geen mediese fonds wat medikasie hiervoor het nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk pak af oor mediese prosedures, administratiewe rompslomp en kroniese medisyne
Show more...
3 weeks ago
26 minutes 25 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou val in nostalgie vas, saam met die Jakarandas se pers tapyt
Mevrou is in ’n onverwagse nostalgie vas gevang, aangebring deur die pers blommetjies van die Jakaranda bome in Pretoria. Skielik onthou Dianne Broodryk weer haar grootword jare in die Moot gebied, toe sy met haar fiets oor die Jakaranda blommetjies gery het. Vir Gerda de Sousa bring die asembrowende pers tapyt op die strate van Brooklyn weer al die herinneringe terug van haar seun in die hoërskool. En voor hulle dit kan keer, is die Mevrouens in ’n nostalgiese bui ……
Show more...
4 weeks ago
26 minutes 21 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se siekwees sages
Mevrou is nou siek en sat vir siekwees! Die winter is verby, die somer is in volle swang, en die twee wonder waar die skielike siektes vandaan kom wat hulle ook plat getrek het. Dit was so erg dat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk altwee in die bed moes bly met anti-biotika en ’n bak vol ander medisyn – iets waaraan dié twee nie gewoond is nie. Nou voel dit of die hele wêreld om hulle ook siek word met ’n gehoes en ’n geproes en ’n gesoek na genoeg sneesdoekies …..
Show more...
1 month ago
19 minutes 54 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou verklaar oorlog teen die strykyster
Mevrou het haar voet neergesit en finaal besluit om die stryd teen die strykyster aan te pak – maar sy dink sy het verloor. Gerda de Sousa se oorlog het begin toe sy begin navorsing doen het oor hoe om die onderkant van haar stryk yster skoon te maak. Dianne Broodryk blaas stoom-af oor die onthulling wat sy gemaak het toe sy die buite kussings wou skoon kry. Die Mevrouens reken hulle het 'n duidelike teken gekry dat hulle eerder net nie moet skoonmaak nie....
Show more...
1 month ago
21 minutes 20 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou pluk plesier uit plastiek plante
Die lente is hier en Mevrou meen daar is geen meer verskoning vir ’n huis sonder groen plante nie, selfs as van dié plastiek is. Die Mevrouens bieg dat hulle nou kunsmatige plante in potte het regoor die huis. Ja, dit voel nie reg nie, maar wat moet mens doen as jy nie groen vingers het nie? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk oorweeg nou ook om wat hulle noem – plastiek gras - neer te lê sodat hulle eens en vir altyd die stryd kan wen om ’n lekker strook groen buite die huis te kan hê ……
Show more...
1 month ago
24 minutes 17 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se wenke vir die wenners
Die seisoen vir toekennings aande en werks funksies het aangebreek en die Mevrouens voel hulle het nou genoeg praktiese wenke in hulle handsakke vir dié somtyds baie lang aangeleenthede. Watter skoene en hoe om te verseker jy is eerste in die ry vir die buffet is maar van die kosbare brokkies inligting wat hulle gratis uitdeel. Mevrou Mevrou is net laas week bekroon met ’n brons toekenning by die Wesbank New Generations toekennings en dis daar waar Gerda de Sousa en Dianne Broodryk voel hulle die nodige laast bietjie ondervinding opgedoen het vir als wat jy moet weet om ’n toekennings funksie soos ’n wenner te oorleef. *In die foto saam met die Mevrouens, is die vervaardiger van hierdie bekroonde potgooi, die ere Meneer Ethan Baird – en natuurlik, hulle toekenning!*
Show more...
1 month ago
25 minutes 7 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou sien rooi soos 'n ge-ignoreerde stop lig
Die Mevrouens is ontstoke omdat dit vir hulle voel of iemand die padreëls verander het, en hulle nooit ingelig het nie. Dis asof daai verkeers regulasies waaroor hulle dekades terug moes toets skryf om ’n lisensie te kon kry, net nie meer geld nie. Flikker ligte word nie meer gebruik nie, mense ry willens en wetens oor ’n soliede lyn, en om nie te praat van dié wat sommer ’n rooi lig ignoreer nie! Gerda de Sousa en Dianne Broodryk reken miskien is dit tyd dat ons met dié jaar se Erfenis Dag die nuwe reëls op die pad bekend maak – sodat almal met wiele dit kan erf ….. # SEISON 3 / EPI 2
Show more...
2 months ago
22 minutes 34 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se nuwe plan vir die ou jaar
Die Mevrouens is terug en probeer sin maak van wat sover ’n besige jaar was – soos ’n swaar gelaaide weghol 4x4 bakkie wat net nie remme het nie. Vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is die jaar nog lank nie verby nie en hulle skop die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi af met groot planne om hulle lewens reg te ruk voor Kersfees. Vir die een Mevrou gaan dit oor die reiniging van haar ingewande, terwyl die ander Mevrou van plan is om een groot plooi te looi. # SEISON 3 / EPI 1
Show more...
2 months ago
21 minutes 17 seconds

Mevrou Mevrou
Die Mevrouens se dringende ingryping vir die nuwe seisoen
Die Mevrouens is terug vir ’n nuwe seisoen van hulle bekroonde potgooi! Ja, die jaar staan op sy kop, maar nee dit beteken nie dat hulle moet oorgee nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het besluit dis nooit te laat vir dringende ingryping nie. Daar is genoeg weke oor om 2025 te probeer red. En hulle het planne – Groot planne – vir die nuwe somer. Die eerste episode van die nuwe reeks kom Dinsdag, 16 September 2025. Of jou ore nou reg is nie …..
Show more...
2 months ago
32 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se jaar van oorvloed en klippe kou
Mevrou kyk terug na 2024 as die jaar wat die grootmens-lewe wenke die lewe sommer baie makliker gemaak het. Gerda de Sousa het uiteindelik geleer hoe om die sloop om die duvet te trek, terwyl Dianne Broodryk die krag gekry het om beheer te vat oor die nuwe geyser skedule. Hulle het gelag, gehuil, woede uitbarstings oorleef, stoom af geblaas en die lewe weer deur nuwe oë bekyk. In hierdie laaste episode van die huidige seisoen, kyk die twee terug na die jaar wat was.
Show more...
11 months ago
26 minutes 1 second

Mevrou Mevrou
Mevrou oefen om Kersfees fiks te word
Mevrou vang die Kersfees gees, maar dis nie ’n maklike oefen om Kersfees fiks te word nie. Dit begin by die gesukkel om die Kersboom te laat staan en dan die stryery om die versiersels perfek te kry. Wat kom eerste – die liggies of die balletjies? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is dié Fees seisoen by die huis en die prioriteit is om die Kersfees gees perfek in elke kamer te hang …
Show more...
11 months ago
19 minutes 46 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou is nie 'n klip vir 'n winskopie nie
Mevrou staan nie terug as daar ’n goeie uitverkoping is nie, en hierdie is die week vir winskopies! Van Kersfees persente tot huishoudelike skoonmaak middels, dis als op die lysies vir wanneer die winkels oopmaak vir Black Friday. Daar is egter een groot vrees vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk: daai pragtige paar skoene wat sy reeds gekoop het, is nou op die 50% afslag.
Show more...
12 months ago
20 minutes 33 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou en die skommel vir die rommel trommel
Mevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van als wat nie meer gebruik word nie. Die reuse vullis drom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar goed weg gegooi kan word. Dis egter makliker gesê as gedaan want in dié Mevrouens se huise is dit maar moeilik om enige iets weg te gooi, maak nie saak hoe stukkend of lang vergete dit is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is egter vas beslote dat daar dié jaar geen genade gaan wees nie – die rommel trommel seisoen is hier …..
Show more...
1 year ago
20 minutes 44 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou smeer haar verjaarsdag met kaster olie
Dis Mevrou se verjaarsdag en tyd vir grootmens persente! Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie. En ja, twee Mevrouens is ’n partytjie. Dianne Broodryk vier haar verjaarsdag en Gerda de Sousa reken dié jaar se persent is die mees volwasse een wat sy nog gekoop het. Dis nie badgoed nie en ook nie handeroom nie, maar natuurlik sluit dit die nuwe gier van ’n bottel kaster olie in …..
Show more...
1 year ago
21 minutes 10 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou probeer die November vloermoere oorleef
Dis met ’n skok wat Mevrou besef mense se geduld en hulle vlakke van verdraagsaamheid lê laag in November. Miskien is dit ’n einde-van-die-jaar probleem, of dalk was die jaar maar net lank. In die parkeer areas en in die winkels sien Mevrou net moeilike mense. Maar dan onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle is nie heeltemal onskuldig nie. Almal het mos maar hulle limiet en hulle was self al deel van 'n vloermoer of twee ……
Show more...
1 year ago
21 minutes 52 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou kry die appel onder die stamboom
Mevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die ou familie boom. Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die voorgeslagte gelyk het nie – daai ou swart-en-wit fotos wat jou meer leer oor waar jy vandaan kom. Maar daarmee saam vloed die herinneringe terug en voor hulle dit kon keer, ook die trane. Die nostalgie laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk sommer huil en lag op dieselfde tyd …….
Show more...
1 year ago
15 minutes 6 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou wonder oor die doeke braai
Mevrou se dagboek is ewe skielik vol kombuis tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook ’n doeke braai! ’n Wat? Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor wat mens mag gee as persente. Om nie te praat van al die uitrustings wat jy reg moet hou vir al die verskillende vierings nie …… en dis voor die baba nog gebore word…..
Show more...
1 year ago
21 minutes 5 seconds

Mevrou Mevrou
Mevrou se skandes by die hoërskool re-unie
Mevrou mis nie ’n hoërskool reünie nie – dis ’n hoogtepunt op haar tien-jaar kalender wanneer daar weer soos op skool gekuier word. Binne ’n oogwink kom die skool bynaam weer uit en vloed die herinneringe terug. En natuurlik, word die skandes en die sondes van hoërskool jare onthou. In dié episode, praat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk uit oor wat hulle al by ‘n matriek reünie gesien en beleef het ……
Show more...
1 year ago
21 minutes 27 seconds

Mevrou Mevrou
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.