Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
TV & Film
History
Technology
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/37/84/22/3784226d-3bc5-ff52-e0aa-8e50c0b48cb6/mza_3801762143957974358.jpeg/600x600bb.jpg
Nuus
Kosmos 94.1
150 episodes
23 hours ago
Kry die nuus soos dit breek.
Show more...
News
RSS
All content for Nuus is the property of Kosmos 94.1 and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Kry die nuus soos dit breek.
Show more...
News
Episodes (20/150)
Nuus
Nasionale Energiepakt wil krag in Namibië verbeter
Namibië het by 'n kontinentale veldtog, Missie 300, aangesluit om 300 miljoen mense teen 2030 aan elektrisiteit te koppel, met die bekendstelling van sy Nasionale Energiepakt onder die inisiatief. Missie 300 is daarop gemik om toegang tot elektrisiteit uit te brei, en Namibië se deelname fokus op landspesifieke hervormings, teikens en implementeringsplanne wat in lyn is met die kontinentale agenda. Kosmos 94.1 Nuus het energiekenner Harald Schütt se mening ingewin.
Show more...
23 hours ago
42 seconds

Nuus
Waghond eis dat Joburg se water getoets word
Die voorspraakbeweging Soil of Africa eis onafhanklike watertoetsing met betekenisvolle gemeenskapstoesig in die Stad Johannesburg. Dit volg nadat Johannesburg Water as 'n voorsorgmaatreël met watergehaltetoetse in dele van die middestad begin het, nadat gebruikers oor 'n ongewone reuk in kraanwater gekla het. Die beweging se voorsitter, Bongani Ramontja, het gewaarsku teen 'n dreigende openbare gesondheidsramp:
Show more...
23 hours ago
18 seconds

Nuus
Meer as 7 000 mense by SA grensposte onderskep
Die grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse weermag het sedert 10 Desember gesamentlik meer as 7 000 mense onderskep wat onwettig probeer het om die land binne te kom. Die meeste hiervan was Zimbabwiese burgers wat die Groblersbrug-grenspos onwettig wou oorsteek. Kommissaris Mike Masiapato het aan die SABC gesê die grensposte by Beitbrug, Lebombo en Lesotho is kwesbaar:
Show more...
1 day ago
21 seconds

Nuus
Mamdani lui nuwe era vir New York in
Die burgemeester van die stad New York, Zohran Mamdani, het 'n nuwe era vir Amerika se grootste stad belowe en onderneem om breedvoerig en met waagmoed te regeer. Die 34-jarige politieke ster en demokratiese sosialis is die stad se eerste Moslem-burgemeester. Hy is Donderdag buite die Stadsaal in Manhattan deur die onafhanklike senator van Vermont, Bernie Sanders, ingesweer. Mamdani sê sy regering sal nie altyd slaag nie, maar sal nooit beskuldig kan word dat hy nie die moed van sy oortuiging het nie:
Show more...
1 day ago
19 seconds

Nuus
Verbruikers gaan vanjaar sente moet omdraai
Mervyn Abrahams van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group spoor huishoudings aan om versigtig te spandeer aangesien die druk van bekostigbaarheid tot in 2026 sal voortduur. Die Huishoudelike Bekostigbaarheidsindeks vir Desember 2025 het 'n daling van 1,5-persent in die voedselmandjiekoste getoon, maar basiese voedselpryse is steeds wisselvallig. Abrahams sê stygende hoender-, bees- en kookoliepryse, tesame met munisipale en elektrisiteitsverhogings, dryf huishoudings om minder te eet as wat hulle eintlike voedingbehoeftes voorskryf. Hy doen 'n beroep vir geadministreerde pryse en finansiële waaksaamheid:
Show more...
1 day ago
18 seconds

Nuus
DA eis dringende hervormings in RNE
Die DA-leier John Steenhuisen sê sy party is verbind tot die stryd om dringende hervormings binne die regering van nasionale eenheid om te verseker dat geleenthede vir baie Suid-Afrikaners uitgebrei word. Hy het in sy Nuwejaarsboodskap verklaar die DA se prioriteite in 2026 bly duidelik, naamlik dienslewering, werkgeleenthede, veiligheid en die bekamping van korrupsie. Steenhuisen het kiesers aangemoedig om vir die komende plaaslike regeringsverkiesing te registreer:
Show more...
1 day ago
19 seconds

Nuus
Uitroei van korrupsie prioriteit, sê Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa het herhaal dat die uitroei van korrupsie die regering se eerste prioriteit is. Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Batebeslagleggingseenheid het verlede jaar miljarde se gesteelde geld teruggevind, insluitend in die Tembisa-hospitaalskandaal, waar drie gekoördineerde sindikate verantwoordelik was vir die plundering van meer as twee-miljard-rand. Ramaphosa sê gespesialiseerde taakspanne het deurbrake gemaak teen onwettige mynbou, ontvoering, ekonomiese infrastruktuurmisdade en afpersing op bouterreine:
Show more...
1 day ago
16 seconds

Nuus
'Bly weg van riviere,' maan weerkenner
Voortgesette swaar neerslae in groot dele van Namibië het heelwat riviere sterk laat vloei en ‘n vloedwaarskuwing in sekere gebiede is opnuut uitgereik. Meteoroloog Vilho Ndeunyema het die publiek gemaan om weg te bly van rivieroewers, aangesien die grond onstabiel is.
Show more...
1 day ago
19 seconds

Nuus
NNN takel GBV, selfdood in Nuwejaarsboodskap
Eenheid, deernis en bedagsaamheid moet 2026 kenmerk, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In ‘n sterk bewoorde Nuwejaarsboodskap waarin sy Namibiërs voorspoed en geluk toewens, het Nandi-Ndaitwah ‘n beroep op burgers gedoen om maatskaplike kwessies soos geslagsgebaseerde geweld, toenemende selfdood, die versorging van bejaardes en die beskerming van weerloses vanjaar met oorgawe te takel.
Show more...
2 days ago
43 seconds

Nuus
Nuwejaarswense van King Tee Dee
Musikante oral in die land skud hul vere reg om seker te maak Namibiërs neem vanaand op ‘n feestelike manier afskeid van 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met King Tee Dee, ook bekend as The Dogg, gesels en ‘n spesiale boodskap van hom gekry:
Show more...
2 days ago
18 seconds

Nuus
Wêreld moet gesindheid verander, sê VN-hoof
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld staan by ʼn kruispad en waarsku dat konflik, klimaatsverandering en sistemiese skending van internasionale wette wêreldwyd vertroue in leiers ondermyn. In sy Nuwejaarsboodskap benadruk hy die omvang van lyding in die wêreld. Hy sê meer as ʼn kwart van die mensdom leef tans in konflikgeteisterde gebiede en 200-miljoen het humanitêre hulp nodig. Guterres sê die toekoms hang af van die mensdom se gemeenskaplike moed om op te tree:
Show more...
3 days ago
22 seconds

Nuus
Geniet Oujaar, maar pasop vir vuurwerke!
Soos miljoene mense wêreldwyd, roep Namibiërs vanaand 2025 vaarwel. Oujaarpret is ‘n gegewe, maar verantwoordelikheid en bedagsaamheid moet wagwoorde wees, veral wanneer dit by vuurwerke kom. Die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, Harold Akwenya, gee riglyne:
Show more...
3 days ago
24 seconds

Nuus
Sokker: Bafana moet Afcon-sokkies optrek, sê Foster
Bafana Bafana-doelskieter Lyle Foster sê die span moet foute wat in hul wedstryd teen Zimbabwe gemaak is, regstel in hulle voorbereiding vir die Ronde van 16 in die 2025 Afrikabekertoernooi. Suid-Afrika sal teen die naaswenners van Groep F in die uitklopfase te staan kom. Foster sê dit is belangrik om hulle verdediging te versterk. Hy voeg by die span moet gefokus bly terwyl hulle konsentreer op die allerbelangrike ontmoeting wat voorlê:
Show more...
3 days ago
13 seconds

Nuus
Albanese verdedig regering se optrede ná Bondi
Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het sy regering se optrede in verband met anti-Semitisme ná die Bondi Beach-terreuraanval verdedig. Hy is gestriem oor sy hantering van die aanval waarin 15 mense dood is. Die opposisie beskuldig hom dat hy die slagoffers se families beledig deur nie ʼn koninklike kommissie aan te stel nie, maar volhou dat die Richardson-oorsig voldoende is. Albanese sê sy regering het opgetree om die anti-Semitisme-probleem te hanteer:
Show more...
3 days ago
20 seconds

Nuus
Swakop vier Nuwejaar naby Paddock-tuine
Die munisipaliteit van Swakopmund het aangekondig dat hul nuwejaarsvieringe by die strand naby die Paddock tuine in Vineta aangebied sal word. Dit is gratis vir almal maar vakansiegangers word gemaan om nie te drink by die vieringe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa.
Show more...
4 days ago
37 seconds

Nuus
Trump waarsku Hamas: 'Duiwel gaan los wees'
President Donald Trump van Amerika waarsku Hamas om vinnig te ontwapen of die duiwel gaan los wees. Hy het gister in Florida met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beraadslaag. Die twee leiers kon nie ʼn ooreenkoms bereik oor die tweede fase van die Amerikaans-onderhandelde vredesooreenkoms in Gaza nie. Trump het die gebrek aan vordering as onbelangrik afgemaak en sê hy is nie bekommerd oor Israel se optrede in die streek nie:
Show more...
4 days ago
21 seconds

Nuus
Interpol-ambassadeur sê dwangarbeid teiken Afrikane
Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg ook te midde van berigte van ten minste 17 Suid-Afrikaners wat na Rusland gelok is met valse opleidingsbeloftes. Hy dring in 'n onderhoud met SABC News daarop aan dat waaksaamheid aan die dag gelê moet word wanneer oorsese werkaanbiedinge aanvaar word:
Show more...
4 days ago
19 seconds

Nuus
Starmer in warm water oor Britse aktivis
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, loop onder kritiek deur nadat hy die terugkeer van die Britse aktivis, Alaa Abd El-Fattah, gevier het wat in Egipte in aanhouding was. Fattah is in 2021 beskuldig dat hy fopnuus in Egipte versprei het nadat hy ʼn Facebook-plasing oor marteling in die land gedeel het. Vorige inskrywings het sedertdien opgeduik waarin hy vra dat Sioniste doodgemaak word. Die skadu-minister van Justisie, Robert Jenrick, het aan Sky News gesê Keir se ondersteuning aan Fattah toon swak oordeel:
Show more...
5 days ago
19 seconds

Nuus
Gebou in Soweto stort ineen; drie sterf
Twee vroue en 'n kind is dood toe 'n dubbelverdiepinggebou in Doornkop, Soweto, ineengestort het. 'n Woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Xolile Khumalo, sê die nooddienste is gisteroggend omstreeks 3-uur na die toneel ontbied. Sy sê met hul aankoms is bevestig dat ses mense ten tye van die ineenstorting in die gebou was, met drie onder die puin vasgekeer:
Show more...
5 days ago
19 seconds

Nuus
Grond bly netelig in Oekraïne-onderhandelinge
President Donald Trump van Amerika sê onderhandelaars kom nader aan ʼn Oekraïnse vredesooreenkoms, maar erken netelige sake soos die grondkwessie bly ʼn probleem. Hy het Sondag met Oekraïne se president Volodymyr Zelensky vergader by sy Florida-oord, Mar-a-Lago. Hierdie jongste vergadering volg kort nadat Rusland die jaar se langste, volgehoue aanval op Kiëf uitgevoer het, waarin minstens twee mense dood en tientalle ander beseer is. Trump sê Rusland stel nie belang in ʼn skietstilstand wat Oekraïne sal tyd gee om ʼn referendum te hou nie:
Show more...
5 days ago
21 seconds

Nuus
Kry die nuus soos dit breek.