Home
Categories
EXPLORE
Comedy
Society & Culture
True Crime
Sports
History
Business
Health & Fitness
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts211/v4/4a/df/72/4adf72e8-e5d9-a00b-e8a4-4592e442359e/mza_12127428062753220157.jpeg/600x600bb.jpg
Wiele2Wiele
Maroela Media
150 episodes
2 days ago
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Show more...
Automotive
Leisure
RSS
All content for Wiele2Wiele is the property of Maroela Media and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Show more...
Automotive
Leisure
Episodes (20/150)
Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry nuwe Duster
In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak ’n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en deel ’n interessante MotoGP-feit.
Show more...
2 days ago
24 minutes 51 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: Omoda in kollig
Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is ’n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai.
Show more...
1 week ago
25 minutes 6 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry opgeknapte mu-X
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Alfa Romeo sy splinternuwe Junior bekend en hulle bring tyd agter die stuur van Isuzu se opgeknapte mu-X sewesitpleksportnuts. Daar is waardevolle olieraad en hulle vat jou terug na 1998, toe Yamaha sy legendariese R1-supermotorfiets aan die wêreld bekend gestel het.
Show more...
2 weeks ago
26 minutes 24 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: GR Yaris kry outo-ratkas
Hierdie week vir Wiele2Wiele stel Toyota sy splinternuwe GR Yaris Outo bekend - ’n verrigtingsikoon! Changan is in die land met vyf nuwe modelle en Jetour stel sy T-reeks bekend. Daar is ook waardevolle raad van Motul, die Killarney Motorskou vind komende naweek plaas en hulle gesels oor BMW se R 12 G/S-motorfiets.
Show more...
3 weeks ago
26 minutes 26 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: Kia se Carnival opgekikker
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel MG sy nuwe ZS Pro bekend - ’n kompakte familie-voertuig. Leapmotor, deel van die Stellantis-groep, bring ook sy nuwe C10 REEV na die plaaslike mark. Die opgegradeerde sewesitplek Kia Carnival het die span behoorlik aan die gons. Daar word gesels met Taki Bogiages oor Motul en vir 2Wiele is die nuwe 2025 WSBK-kampioen bekroon.
Show more...
1 month ago
26 minutes 19 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: Nuwe Transporter, Triber en XC90 bekendgestel
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie bekendstellings - die Volkswagen Transporter, Renault se Triber en die Volvo XC90. Daar is weer ’n tegniese wenk: moet jy in neutraal of in rat ry vir brandstofbesparing? Hulle bring ook vir jou al die jongste 2Wiele-nuus.
Show more...
1 month ago
25 minutes 54 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry inprop-hibried Velar
Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met Range Rover se inprop-hibried Velar, die Opel Grandland en hulle bring ook tyd met die Volkswagen Tayron deur. Motul gee raad oor gedokterde diesel en die span deel die jongste nuus uit die motorfietswêreld.
Show more...
1 month ago
25 minutes 30 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: Heeltyd speeltyd met Mini en BMW
Hierdie week vir Wiele2Wiele is dit heeltyd speeltyd met die Mini Cooper JCW en BMW se M135. Hulle gesels oor al die goed wat jy in jou motor doen wanneer jy in verkeer vassit. Daar word ook oor Marc Márguez, wat pas as die 2025 MotoGP-kampioen gekroon is, gesels en kyk terug na alles wat hy sedert 2020 moes trotseer om weer bo uit te kom.
Show more...
1 month ago
26 minutes 54 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met twee BMW’s
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele ’n draai met BMW se 118 en sy wilde boetie, die M235. BYD het sy splinternuwe Dolphin Surf  bekendgestel - tans die bekostigbaarste elektriese motor in Suid-Afrika.  Ons deel praktiese raad oor ‘run-flat’-bande en gesels oor die indrukwekkende BMW R 1300 GS Adventure-motorfiets.
Show more...
1 month ago
25 minutes 42 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry Audi se A3-sedan
Hierdie week vir Wiele2Wiele vier Toyota sy Hilux se ryke geskiedenis in Suid-Afrika met die bekendstelling van die Hilux Legend 55. Vir die padtoets van die week klim die span agter die stuur van die Audi A3 sedan in. Daarna kyk hulle terug na die naweek se motorsport-aksie met die Extreme Festival se GR Cup en vertel jou meer van die ’Killarney Time Attack Powered by MasterDrive’ wat hierdie komende naweek plaasvind. Hulle gesels ook met Clinton oor sy Moto Bike Shed-storie en wat hulle alles vir jou kan bied.
Show more...
2 months ago
24 minutes 29 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele: Mazda, Volvo en Audi onder die loep
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie padtoetse: die Mazda CX-30 wat propvol standaardspesifikasies is, die Volvo C40 Recharge wat die koppe laat draai en die Audi Q8 55 TFSI Black Edition met sy treffende swart afwerkings. Verder gee hulle raad oor hoe jy jou swaarvoertuiglisensie kan kry en gesels oor die 2025 MotoGP-kampioenskap wat binnekort beklink word.
Show more...
2 months ago
25 minutes 38 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met Audi RS Q8
Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Audi RS Q8 - is dit ’n sportmotor of ’n familiemotor? Hulle spandeer ook tyd met die handratmodel van Volkswagen se T-Cross en is aangeneem verras. Volkswagen het ook sy splinternuwe Tayron bekendgestel. Hy is as ’n sewesitplek beskikbaar teen ’n bekostigbare prys, met tipiese VW-kwaliteit wat jou sal laat glimlag. Hulle raak dan nostalgies met ’n besonderde motorsport-koffietafelboek, ’South African Champion’ en gee vir jou terugvoer oor die avontuurmotorfiets-toer na die Makgadikgadi-panne.
Show more...
2 months ago
25 minutes 53 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ervaar nuwe MG3
Hierdie week op Wiele2Wiele ervaar hulle die splinternuwe MG3, ’n kompakte luikrug wat beslis aandag gaan trek. Hulle bring ook tyd met die Chery Tiggo 7 CHS deur.
Show more...
2 months ago
26 minutes 10 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry Jaecoo se J7 SHS
Hierdie week op Wiele2Wiele stel Volvo die nuwe EX30 Cross Country bekend. Hulle neem jou saam op ’n Toyota ‘Roots to Routes’-geskiedenisreis en spandeer tyd met die Jaecoo J7 SHS. Verder gesels hulle oor die regte bandkeuses vir jou 4x4-voertuig en raak nostalgies oor 2Wiele met die Suzuki GSX-750 SRAD.
Show more...
3 months ago
26 minutes 24 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met Omoda se inprop-C9
Hierdie week vir Wiele2Wiele bring hulle tyd met die Omoda C9 SHS, ’n inprop-hibriede model, deur en gaan speel met die Mini Covertible Cooper S. Ford Motor Company of Southern Africa beplan om amper R1 miljard in sy handelaarsnetwerk te belê. Die 'EV’s on Display'-skou in Hermanus was ’n reusesukses en hulle deel al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf.
Show more...
3 months ago
26 minutes 24 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met Ranger XLT
Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die besonderse ‘EV’s on Display’-skou wat die komende naweek in Hermanus plaasvind. Hulle spandeer ook tyd saam met die Ford Ranger XLT-bakkie. Jy hoor van Gert en sy pantoffels en hoekom get\Worth kwaliteit beloon. Hulle gesels ook oor Suid-Afrikaanse motorvervaardigers en die invloed van Amerikaanse uitvoerbelasting.
Show more...
3 months ago
24 minutes 9 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry Polo R-line
Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met die trotse #BuildInSA Volkswagen Polo R-Line. Dan is dit tyd vir speel met ‘klei’ en kreatief raak met ’n keramiek Suzuki Jimny 5-deur by die Clay Café. Hulle deel ook hul eie get\Worth-storie en gesels dan met Daniel Pienaar van These Sweet Times.
Show more...
3 months ago
25 minutes 20 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry met VW se Golf 1.4 TSI
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor Nissan se nuwe Stealth-bakkie en hulle bring kwaliteittyd met VW se Golf 1.4 TSI deur - ’n ware juweel van ’n motor. Daar is raad oor wetlike beskerming wanneer jy ’n motor aankoop, ’n tegniese wenk oor motordiefstal en Honda-nostalgie vir 2Wiele-liefhebbers.
Show more...
4 months ago
25 minutes 23 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry Suzuki Dzire
Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele met Suzuki se Dzire-sedan rond. Stellantis het groot planne vir Suid-Afrika, onder andere met sy Opel Grandland. Daar is raad oor hoe om jou motortransaksie ongekompliseerd te hou, ’n tegniese wenk oor waarborgkostes en hulle gesels met KJ Mononyane, wat aan die 2025 Red Bull MotoGP Rookies Cup deelneem.
Show more...
4 months ago
26 minutes 10 seconds

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry vuurwarm Audi
Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met Audi se vuurwarm SQ7 V8-sportnuts. Carl leer dans met ’n Nissan 350Z en hulle speel bietjie met ’n Suzuki Swift. Daar is ook raad oor wanneer jy ’n motor aanlyn koop en Martin Camp deel sy Dakar-planne.
Show more...
4 months ago
24 minutes 30 seconds

Wiele2Wiele
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.