In 2025 vier Afrikaans ‘n honderd jaar van amptelike erkenning, maar haar verhaal strek reeds eeue terug, en daar is dié wat glo haar storie begin nou eers wortel skiet.
In dié oorspronklike JacPod potgooi minireeks, delf Jacaranda FM Nuus se redakteur en nuusleser, Marlinée Fouché, in die ryk erfenis en geskiedenis van Afrikaans. Die eerste woorde is reeds in 1559 opgeteken, die eerste alfabet is in Arabies geskryf en aanvanklike pogings om die taal in eie reg te erken, was lewensgevaarlik.
Kom luister saam na Afrikaans se geskiedenis, die rol wat die media en die vermaaklikheidswêreld gespeel het in haar vormingsjare – en waarheen die taal op pad is.
All content for 100 Jaar van Afrikaans is the property of JacPod and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
In 2025 vier Afrikaans ‘n honderd jaar van amptelike erkenning, maar haar verhaal strek reeds eeue terug, en daar is dié wat glo haar storie begin nou eers wortel skiet.
In dié oorspronklike JacPod potgooi minireeks, delf Jacaranda FM Nuus se redakteur en nuusleser, Marlinée Fouché, in die ryk erfenis en geskiedenis van Afrikaans. Die eerste woorde is reeds in 1559 opgeteken, die eerste alfabet is in Arabies geskryf en aanvanklike pogings om die taal in eie reg te erken, was lewensgevaarlik.
Kom luister saam na Afrikaans se geskiedenis, die rol wat die media en die vermaaklikheidswêreld gespeel het in haar vormingsjare – en waarheen die taal op pad is.
Afrikaans se verjaarsdag maand is amper op sy kop, maar die toekoms wink en ons waag ‘n paar voorspellings in die finale episode van ‘n 100 Jaar van Afrikaans. Ons lag ook saam met bekende sanger, Jo Black, oor sy gunsteling Afrikaanse woord, en hoor hoe die groep, Tribal Echo, se musiek Suid-Afrikaners na trane dryf - en in die land hou.
Teater, rolprente en TV in Afrikaans is sinoniem met hoe dié kultuur by die dag meer divers en kleurvol raak. Die aantal stories wat deesdae op die verhoog en die groot en klein skerm vertel word, is ongekend. So ook het die taal gebruik meer loslit geraak in die dialoog van films om stories te vertel waarmee almal kan identifiseer. Episode drie van 100 Jaar van Afrikaans, begin met die verhaal oor die heel eerste Afrikaanse rolprent wat klank gehad het in 1931.
In Afrikaans se verjaarsdag maand vier ons sport se bydrae tot die skep van nuwe woorde. Dit was juis 'n toets tussen die Springbokke en Nieu-Seeland meer as 'n honderd jaar terug wat noodgedwonge gelei het tot uitdink van die woord "skepskop" - die sport was daar, maar te min Afrikaanse woorde om oor die toets te skryf. In Episode twee van hierdie mini potgooi reeks vertel van die groot name in die media bedryf hoe die Afrikaanse media die taal help slyp het.
Afrikaans vier in 2025 ’n honderd jaar as amptelike landstaal. Terwyl daar makietie gehou word, is dit egter nie duidelik presies wanneer en waar Afrikaans gebore is nie.
Die eerste kommunikasie tussen plaaslike inwoners en destydse seevaarders was wel wat ons vandag beskou as die eerste kontak met Afrikaans. In hierdie episode, delf die Jacranda FM Nuus span se Marlinée Fouché diep - opsoek na Afrikaans se wortels en sy volg die taal se takke wat wyd strek…..
Ter viering van Afrikaans se 100ste verjaarsdag as amptelike landstaal, dra Jacaranda FM Nuus dié oorspronklike JacPod potgooi minireeks op aan Afrikaans se diverse erfenis en eeue-oue verhaal.
Kom luister saam na die taal se ryk geskiedenis, die rol wat die media en die vermaaklikheisdwêreld gespeel het in haar vormingsjare – en waarheen Afrikaans op pad is.
Luister na die eerste episode op 8 Mei, en daarna weekliks vanaf Dinsdag 13 Mei 2025!