Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Sports
Society & Culture
Business
News
History
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts221/v4/fe/52/2c/fe522c65-6eac-6efe-6efe-2f0641248dcd/mza_8689091962892114038.jpeg/600x600bb.jpg
Maroela Media Nuus
Maroela Media
106 episodes
4 hours ago
Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Show more...
News
RSS
All content for Maroela Media Nuus is the property of Maroela Media and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Show more...
News
Episodes (20/106)
Maroela Media Nuus
DA verwerp Ramaphosa se lofsange oor Zim se ‘grondhervorming’
Pres. Cyril Ramaphosa se lofprysing van Zimbabwe se besluit in die vroeë 2000’s om op groot hoeveelhede grond beslag te lê, word verwerp. Ramaphosa het die afgelope naweek in Harare dié land se destydse grondverdelingsmodel bestempel as “noodsaaklik” en “ambisieus”. Willie Aucamp, nasionale woordvoerder van die DA, sê die party veroordeel en verwerp Ramaphosa se lof vir ʼn proses wat Zimbabwe aan flarde geruk het, die land se ekonomie en buitelandse betrekkinge verwoes en tot hongersnood vir sy burgers gelei het.
Show more...
2 months ago
52 seconds

Maroela Media Nuus
Helen Zille stel haarself verkiesbaar in Johannesburg
Helen Zille verduidelik dat sy aan dieselfde keuringskriteria sal moet voldoen as al die ander kandidate wat vir burgemeesterskap in Johannesburg oorweeg wil word.
Show more...
4 months ago
8 minutes 47 seconds

Maroela Media Nuus
‘Bidvest-rasseskema’: Solidariteit vra steun in VSA
Solidariteit het ʼn formele versoek aan die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, en groot Amerikaanse aandeelhouers in Bidvest Group Limited, gerig, waarin dié organisasie vra vir onmiddellike optrede teen ʼn rassediskriminerende werknemersvoordelebeleid van Bidvest wat die kinders van wit Bidvest-werknemers in Suid-Afrika uitsluit. Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, verduidelik.
Show more...
4 months ago
45 seconds

Maroela Media Nuus
7/7-bomaanvalle: SA’ner onthou dag van angs, slagoffers
Adrian Heili (45) was op die moltrein toe die eerste bom 20 jaar gelede in ʼn reeks terreuraanvalle in Londen ontplof het. Hy is vanjaar vir die eerste keer deel van die amptelike herdenkingsplegtigheid, maar bring al die afgelope twee dekades op sy eie manier hulde aan diegene wat daardie dag nie oorleef het nie.
Show more...
4 months ago
2 minutes 51 seconds

Maroela Media Nuus
Dirk Hermann se ope brief aan Bidvest-hoof: 'As kinders se kryte en drome gevat word …'
"Ek wonder hoe jy sou voel as iemand jou kind se inkleurkryte vat – as iemand hul geleenthede steel," skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, aan Mpumi Madisa, uitvoerende hoof van Bidvest. Die brief volg op 'n beursskema van die maatskappy vir kinders van werknemers wat minder as 'n bepaalde salaris verdien - met wit werkers op dieselfde salarisskaal wat van die skema uitgesluit word.
Show more...
4 months ago
6 minutes

Maroela Media Nuus
Luister | R15 000 vir goudklagte om te ‘verdwyn’
Het die Valke ʼn goudsmokkelring oopgevlek, of ʼn growwe flater begaan toe hulle in Mei twee mans voorgekeer wat in besit van ʼn skoendoos vol goudstafies was? Maroela Media het vroeër berig oor hoe Daniel Schubert (61) en Adriaan du Plessis (49) in hegtenis geneem en die 80 goudstawe wat in besit gevind en op beslag gelê is. Schubert beweer egter hy is die regmatige eienaar van die goud en dat daar boon-op meer stafies was as waarop die Valke beslag en polisie beslag gelê het. Dié Bloemfonteinse sakeman beweer boon-op verder gesê as hy omkoopgeld van R15 000 betaal hy die verlore goudstafies terug kry, waarna die saak teen hom soos mis voor die son sal verdwyn. Luister hier na die volle gesprek. Schubert het geweier om die omkoopgeld te betaal en is nou op ʼn missie om sy goudstafies terug te kry. Hy het die stafies meer as agt jaar terug gekoop om te verkoop wanneer die prys reg is om sodoende sy pensioenfonds aan te vul.
Show more...
5 months ago
3 minutes 31 seconds

Maroela Media Nuus
‘Niggies’-medevervaardiger ‘wou stem aan Issie, Petro gee; name in ere herstel’
Willem van der Merwe, medevervaardiger van die reeks “Niggies”, het met Mariska Nanni gesels oor die vermoorde niggies in sy familie se geskiedenis, die maak van die reeks en hoe dit hom en sy familie geraak het.
Show more...
6 months ago
14 minutes 35 seconds

Maroela Media Nuus
Binnelandse sake slaan toe op Plastic View
Cilliers Brink, die DA se koukusleier in Tshwane, het die optrede van die departement van binnelandse sake in die Plastic View-nedersetting in die ooste van Pretoria verwelkom.
Show more...
6 months ago
36 seconds

Maroela Media Nuus
Koelbloedig | Geregtigheid nog in weegskaal ná ma se branddood
Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni onder meer met Charlene Pretorius se seun, Jason Venter, oor wie sy ma was, wat hy oor die dag van haar dood en verhouding met die beskuldigde in die saak onthou en hoe geregtigheid vir hulle as familie lyk.
Show more...
7 months ago
25 minutes 55 seconds

Maroela Media Nuus
Koelbloedig | Die nagklubmoord op Daniël Botha
Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met die geliefdes van Daniël Botha (26) wat in 2018 so erg in ʼn nagklub aangerand is dat hy later breindood verklaar is. Tania Heyns, verslaggewer by Maroela Media, vertel ook meer oor wat alles in die hof gebeur het.
Show more...
8 months ago
21 minutes 57 seconds

Maroela Media Nuus
Klagte oor opdrag vir slegs Engels-verklarings by Noord-Kaapse polisie
Dit is duidelik dat die polisie óf nie bewus is van die skikking wat in 2017 in die Noord-Kaapse hooggeregshof bereik is nadat Solidariteit regsaksie geneem het nie, óf dat die polisie die betekenis van die betrokke Grondwet-artikel verkeerd interpreteer, sê Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum.
Show more...
8 months ago
45 seconds

Maroela Media Nuus
Afskryf van waterrade se skuld ten koste van betalende inwoners
AfriForum sê die skuld-afskryf-meganisme beloon swak finansiële bestuur eerder as om die voortgesette verkwisting te stuit.
Show more...
10 months ago
19 seconds

Maroela Media Nuus
Louis en Dezzi Liebenberg staan rug 'teen die muur’
Louis Liebenberg, die omstrede diamanthandelaar, het die naweek in ‘n oproep vanuit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria onder meer gepleit by sy beleggers om te help met sy regkoste. 'n Vertroueling van Liebenberg het die opname aan Maroela Media bevestig en gesê hy probeer die sakeman bystaan om ‘n regverdige verhoor te verseker.
Show more...
11 months ago
23 minutes 37 seconds

Maroela Media Nuus
Bela-wet | 'Wen-wen-skikking', sê DA
Die DA sê pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die inwerkingstelling van die Bela-wet maak dit duidelik dat die DA se Siviwe Gwarube - as minister van basiese onderwys - die plig het om regulasies, norme en standaarde te ontwikkel wat die wetgewing gaan bestuur. Dit sluit in die omstrede artikels oor taal en toelating. Die party sê hy het volle vertroue in Gwarube se vermoë om doelgerigte riglyne in te stel wat skooloutonomie teen ondermyning gaan beskerm. “Die feit dat ʼn DA-minister met hierdie belangrike werk getaak is, is ʼn bevestiging van die DA se rol in die RNE as ʼn voorstander van grondwetlike regte, insluitend die reg op moedertaalonderrig." Luister hier na Willie Aucamp, die DA se nasionale woordvoerder.
Show more...
11 months ago
2 minutes 1 second

Maroela Media Nuus
Omstrede artikels nie sonder beskerming teen magsmisbruik ingestel - Dirk Hermann
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, sê die omstrede artikels oor taal en toelatingsbeleid in die Bela-wet kan nie ingestel word voordat Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, ’n tydsraamwerk vasgestel het en die nodige norme, standaarde en regulasies ontwikkel het nie. “Prakties beteken dit dat hierdie artikels nie onmiddellik in werking kan tree nie," sê Hermann.
Show more...
11 months ago
32 seconds

Maroela Media Nuus
Nedlac-rekords wys ondertekenaars hét mandaat gehad.
Dié paragraaf in Nedlac se rekords bewys dat die regering se afvaardiging die nodige toestemming gehad het om namens die president oor die Bela-wet te onderhandel en 'n ooreenkoms te teken.
Show more...
11 months ago
2 minutes 41 seconds

Maroela Media Nuus
Só lyk situasie in Sirië
Só lyk situasie in Sirië
Show more...
11 months ago
13 minutes 30 seconds

Maroela Media Nuus
Solidariteit Beweging bereik skikking met regering oor Bela
Die Solidariteit Beweging, waarvan Solidariteit en AfriForum deel is, het ʼn skikking met die regering by Nedlac oor die Bela-dispuut bereik.
Show more...
1 year ago
49 seconds

Maroela Media Nuus
NVG besluit om aanklagte teen voormalige sport minister terug te trek
NVG besluit om aanklagte teen voormalige sport minister terug te trek.
Show more...
1 year ago
56 seconds

Maroela Media Nuus
Louis Liebenberg se lewe 'hel in tronk'
Louis Liebenberg se regsverteenwoordiger het aan die hof gesê sy kliënt se lewe in die tronk word 'hel' gemaak.
Show more...
1 year ago
1 minute 51 seconds

Maroela Media Nuus
Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.